For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Waldemar I van Denemarke.

Waldemar I van Denemarke

Waldemar I
Koning van Denemarke
Standbeeld van Waldemar die Grote in Ringsted.
Standbeeld van Waldemar die Grote in Ringsted.
Periode 1157–1182
Voorganger Erik III
Opvolger Knoet VI
Huis Estridsen
Vrou Sofia van Minsk
Vader Knoet Lavard
Moeder Ingeborg van Kiëf-Roes
Gebore 14 Januarie 1131
Oorlede 12 Mei 1182

Waldemar I of Waldemar die Grote (14 Januarie 113112 Mei 1182) was van 1157 tot 1182 koning van Denemarke. Hy was die seun van Knoet Lavard, die oudste seun van koning Erik I en ’n gewilde prins. Sy pa is net ’n paar dae voor sy geboorte vermoor. Sy ma, Ingeborg, die dogter van Mstislaf I van Kiëf-Roes, het hom na sy oupa, Wladimir Monomach van Kiëf-Roes, genoem.

Toe Waldemar 16 jaar oud was, het koning Erik III in 1146 geabdikeer en ’n burgeroorlog het uitgebreek. Die magnate van Jutland het Knoet V as koning gekies, maar Sven III het in Seeland regeer.

Bewind

[wysig | wysig bron]

’n Duitse koninklike intervensie het Sven "eerste koning" gemaak met Knoet as medeheerser. In 1154 is Sven se bewind saam deur Knoet en Waldemar omvergewerp. Ná ’n paar jaar in ballingskap het Sven in 1157 met Duitse hulp daarin geslaag om ’n driedubbele verdeling van die koninkryk af te dwing met homself as heerser in Skone.

Op ’n banket (die sogenaamde "Bloedfees" by Roskilde) in 1157 het Sven glo probeer om sy twee teenstanders uit die weg te ruim. Knoet is dood en Waldemar het na Jutland ontsnap. Op 23 Oktober het Waldemar Sven by die Slag van die Grathe-vlakte verslaan. Waldemar het toe die enigste koning van Denemarke geword.

Waldemar het die verwoeste Denemarke weer opgebou. Die land het sy hoogtepunt bereik onder sy tweede oudste seun, Waldemar II.

Huwelik en kinders

[wysig | wysig bron]

Waldemar het met Sofia van Minsk, die halfsuster van Knoet V, getrou. Hulle het agt kinders gehad, onder andere twee latere Deense konings, Knoet VI en Waldemar II.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Valdemar I of Denmark
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Waldemar I van Denemarke
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?