For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Christiaan II van Denemarke.

Christiaan II van Denemarke

Christiaan II
Koning van Denemarke, Noorweë en Swede
Koning Christiaan II, deur ’n onbekende kunstenaar (Nationalmuseum, Stockholm).
Koning Christiaan II, deur ’n onbekende kunstenaar (Nationalmuseum, Stockholm).
Periode Denemarke
22 Julie 151320 Januarie 1523
Noorweë
22 Julie 151320 Januarie 1523
Swede
1 November 152023 Augustus 1521
Voorganger Denemarke
Hans
Noorweë
Hans
Swede
Hans
Opvolger Denemarke
Frederik I
Noorweë
Frederik I
Swede
Gustav I
Huis Oldenburg
Vrou Isabella van Oostenryk
Vader Hans
Moeder Christina van Sakse
Gebore (1481-07-01)1 Julie 1481, Nyborg
Oorlede 25 Januarie 1559 (op 77),
Kalundborg (as gevangene)
Handtekening

Christiaan II (1 Julie 1481 – 25 Januarie 1559) was ’n Skandinawiese monarg tydens die Kalmarunie. Hy het van 1513 tot 1523 as koning van Denemarke en Noorweë regeer en van 1520 tot 1521 van Swede. Van 1513 tot 1523 was hy ook Hertog van Sleeswyk en Holstein saam met sy oom Frederik.

Die Stockholm-bloedbad.

Christiaan was die oudste seun van die vorige monarg, koning Hans,[1] en was lid van die Huis van Oldenburg. In Denemarke het die adel in dié tyd ’n nuwe koning gekies (uit die seuns of naasbestaandes van die vorige monarg), wat sy mag met hom moes deel. Christiaan het gebots met die Deense adel toe hy ’n manifes, strenger as enigiets tevore, moes teken om te verseker dat hy die troon bestyg. Deur interne hervormings het hy later die bepalings van die manifes probeer ontwyk.

Internasionaal het hy probeer om die Kalmarunie tussen die Skandinawiese lande in stand te hou, wat hom in ’n oorlog met Swede gedompel het; dit het van 1518 tot 1523 geduur. Hoewel hy die land in 1520 verower het, het sy slagting onder die Sweedse adel (bekend as die Stockholm-bloedbad) daarna meegebring dat die land se inwoners hom verag het. Ná ’n kort bewind in Swede, waar hy steeds as Christiaan die Tiran (Kristian Tyrann) bekend is,[2] is hy in ’n rebellie deur die edelman Gustav Vasa onttroon.

Sy probleme het toegeneem toe hy probeer om die invloed van buitelandse handelslande in Denemarke te beperk. Sy bewind in Denemarke en Noorweë is kortgeknip toe sy oom hom van die troon sit en die trone bestyg as Frederik I. Christian is verban na Nederland, wat toe regeer is deur sy swaer die Heilige Romeinse keiser Karel V. Nadat hy in 1531 die trone probeer terugverower het, is hy in hegtenis geneem en vir die res van sy lewe gevange gehou.

Hy is op 77-jarige ouderdom dood – hy het nie net sy oom oorleef nie, maar ook sy neef koning Christiaan III.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (in Deens) Historie, Stockholm: Royal Danish Embassy, archived from the original on 11 Februarie 2007, https://web.archive.org/web/20070211034546/http://www.ambstockholm.um.dk/da/menu/OmSverige/Historie/ .
  2. Kristian Tyrann deur Paul J. Reiter, in Sweeds vertaal deur Gustaf Witting, Natur & Kultur, Stockholm, 1943

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Christiaan II van Denemarke
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?