For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Voëlnesvaring.

Voëlnesvaring

Voëlnesvaring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Pteridophyta
Klas:
Polypodiopsida
Orde:
Polypodiales
Familie:
Aspleniaceae
Genus:
Asplenium
Spesie:
A. nidus
Binomiale naam
Asplenium nidus
Sinonieme
  • Asplenium antiquum Makino
  • A. australasicum (J.Sm.) Hook.
  • A. ficifolium Goldm.
  • Neottopteris mauritiana Fée
  • N. musaefolia J.Sm.
  • N. nidus (L.) J.Sm.
  • N. rigida Fée
  • Thamnopteris nidus (L.) C.Presl

Sinoniemebron: Tropicos[2]

Die voëlnesvaring (Asplenium nidus) is ’n spesie varings in die familie Aspleniaceae en is inheems aan die tropiese Suidoos-Asië, Oos-Australië, Hawaii, Polinesië, Indië en Oos-Afrika.[3]

Met ’n minimum temperatuur van 10 ºC gedy die varing in die gematigde temperature van die streke hierbo of as ’n huisplant.[4]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]
Voëlnesvarings in ’n tropiese woud in Oos-Timor.

Die varing vorm groot, eenvoudige blare wat byna soos piesangblare lyk. Hulle is tussen 50 en 150 cm lank en tussen 10 en 20 cm breed. Hulle is liggroen met ’n leeragtige tekstuur, dikwels gekreukel, met ’n verhewe bruin hoofaar wat veral aan die agter- en onderkant van die blare prominent is. Spore ontwikkel in die sporehopies aan die onderkant van die blare. Dié sporehopies vorm lang rye wat van die hoofaar af uitstrek agter op die buitenste deel van die blaar. Die blare rol terug namate hulle bruin word en skep ’n groot blaarnes.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die voëlnesvaring kan óf ’n lugplant wees wat op boomtakke en -stompe groei óf in die grond geplant word, maar groei gewoonlik op organiese materiaal. Dit hou van warm, vogtige gebiede in gedeeltelike tot volle skadu.

Probleme

[wysig | wysig bron]

Dopluise kan voorkom. Dowwe, swart of verrimpelde blare kan veroorsaak word deur die verkeerde temperatuur, te veel sonlig, te min water of swak ventilasie.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1.  Asplenium nidus is die eerste keer beskryf en gepubliseer in Species Plantarum 2: 1079. 1753. "Name - !Asplenium nidus L." Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botaniese Tuin. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019. Besoek op 3 November 2011.
  2. "Name - !Asplenium nidus L. synonyms". Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botaniese Tuin. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op 3 November 2011.
  3. Germplasm Resources Information Network (14 April 1995). "Asplenium nidus information from NPGS/GRIN". Taxonomy for Plants. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland: USDA, ARS, National Genetic Resources Program. Besoek op 3 November 2011.
  4. RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4.
  5. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Voëlnesvaring
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?