For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vlag van Tuvalu.

Vlag van Tuvalu

Vlag van Tuvalu
Vlag van Tuvalu
Vlag van Tuvalu
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel Nasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 11 April 1997[1]
Ontwerp ’n Blou Britse vaandel met nege geel vyfpuntige sterre op die wapperkant.

Die nasionale vlag van Tuvalu is op 11 April 1997 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met nege geel vyfpuntige sterre op die wapperkant.

Simboliek

[wysig | wysig bron]
Elke ster in die vlag stel een van die land se eilande voor

Die sterre verteenwoordig die nege eilande wat deel uitmaak van Tuvalu; die rangskikking is geografies korrek met die ooste na bo (m.a.w. noord is na links).

Veranderinge en kontroversie

[wysig | wysig bron]

Die naam “Tuvalu” beteken “agt tesame” en verwys na die agt bewoonde eilande. In Oktober 1995 is een van die sterre van die vlag verwyder om by die naam van die land te pas. Teen Januarie 1996 is die vlag vervang met ’n nuwe ontwerp en is weggedoen met die blou Britse vaandel, hoewel die agt sterre behou is. Die Tuvaluane het egter nie van die vlag gehou nie en het gevoel dat dit ’n poging is om afstand te doen van die gewilde Tuvaluaanse monargie en plek te maak vir ’n republiek. In 1997 is die ou vlag weer ingestel met al nege sterre daarop. Druk van die bevolking het sedertdien daartoe gelei dat die negende eiland ook bewoon is.[1]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste inwoners van Tuvalu was Polinesiërs. Die eilande het gedurende die laat 19de eeu onder Britse bewind gekom. Die Ellice-eilande is van 1892 tot 1916 deur Brittanje geadministreer as deel van ’n protektoraat en van 1916 tot 1974 as deel van die Gilbert- en Ellice-eilande. In 1974 het die eilandbewoners gestem ten gunste afsonderlike afhanklikheidstatus as Tuvalu en het die eilande geskei van die Gilbert-eilande wat sedert sy onafhanklikheid as Kiribati bekend staan. Tuvalu het in 1978 ’n onafhanklike lid van die Gemenebes geword.

Ander vlae

[wysig | wysig bron]

Soortgelyke vlae

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Tuvalu" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 15 Mei 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vlag van Tuvalu
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?