For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vlag van Belarus.

Vlag van Belarus

Vlag van Belarus
Vlag van Belarus
Vlag van Belarus
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 25 Desember 1951 (Sowjetse ontwerp)
7 Junie 1995 (oorspronklike ontwerp met ’n dunner ornamentele patroon)[1]
10 Februarie 2012 (huidige ontwerp met ’n dikker ornamentele patroon)[2]
Ontwerp ’n Horisontale tweekleur in rooi en groen met ’n rooi ornamentele patroon op wit in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant.
Ontwerp deur Matrona Markewitsj (oorspronklike roesjnikontwerp)
Mikhail Hoesjef (oorspronklike Sowjetse ontwerp)
Aleksandr Loekasjenko (huidige variant)

Die nasionale vlag van Belarus is op 7 Junie 1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in rooi en groen met ’n rooi ornamentele patroon op wit in ’n vertikale baan aan die vlagpaalkant.

Die huidige ontwerp is in 2012 deur die Staatskomitee vir standaardisering van die Republiek Belarus bekendgestel en is aangepas van ’n ontwerp wat tydens ’n referendum in 1995 goedgekeur is. Dit is ’n wysiging van die 1951-vlag wat gebruik is toe die land ’n republiek in die Sowjetunie was. Veranderinge wat aangebring is aan die vlag is die verwydering van die kommunistiese simbole – die hamer en sekel en die rooi ster – asook die omkeer van die kleure in die ornamentele patroon. Sedert die referendum in 1995 is verskeie vlae deur regeringsamptenare en -agentskappe gebruik wat op hierdie ontwerp geskoei is.

Histories is die wit-rooi-wit-vlag deur die Wit-Russiese Volksrepubliek in 1918 gebruik voordat Belarus ’n Sowjetrepubliek geword het, daarna deur die Wit-Russiese nasionale beweging in Wes-Belarus, gevolg deur wydverspreide nieamptelike gebruik gedurende die Duitse besetting van Belarus tussen 1942 en 1944, en weer nadat die land onafhanklikheid verkry het in 1991 tot die 1995-referendum. Opposisiegroepe het steeds hierdie vlag gebruik hoewel die gebruik van die vlag deur die regering beperk is omdat dit sê dat die vlag bande met Nazi-samewerking gedurende die Tweede Wêreldoorlog het. Die wit-rooi-wit-vlag is in 2020-2021 gebruik tydens protesoptogte teen die regering en ook deur die Belarussiese diaspora.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Wit-rooi-wit-vlag

[wysig | wysig bron]

Die wit-rooi-wit-vlag is deur die Wit-Russiese Volksrepubliek in 1918 gebruik voordat Belarus ’n Sowjetrepubliek geword het, en daarna deur die Belarussiese nasionale beweging in Wes-Belarus, gevolg deur wydgespreide nieamptelike gebruik gedurende die Nazi-besetting van Belarus tussen 1942 ren 1944. Daarna ook weer nadat Belarus haar onafhanklikheid in 1991 gekry het tot en met die referendum in 1995.

Hoewel die vertoon van die vlag deur die Belarussiese regering beperk is omdat dit beweer dat die vlag aan Nazi-samewerking gekoppel is weens die gebruik daarvan deur Belarussiese samewerkers gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het opposisiegroepe steeds hierdie vlag gebruik. Die wit-rooi-wit-vlag is ook gebruik in opstande teen die regering, so onlangs as 2020-2021, en ook deur die Belarussiese diaspora.

Sowjetera

[wysig | wysig bron]

1919–1951

[wysig | wysig bron]

Voor 1951 is verskeie verskillende vlae gebruik sedert die Rewolusie. Die vroegste vlag was ’n eenvoudige rooi baan en is gebruik in 1919 gedurende die bestaan van die Litaus-Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Ná die oprigting van die Belarussiese SSR is die letters ССРБ (SSRB) in goud in die skildhoek toegevoeg. Hierdie ontwerp is gevestig met die deurvoer van die eerste grondwet van die Wit-Russiese SSR.[3] Dit is later in die 1927-grondwet gewysig waar die letters verander is na БССР (BSSR) maar die algehele ontwerp het dieselfde gebly.[4] Hierdie ontwerp is in 1937 verander toe ’n hamer en sekel en rooi ster bo die letters toegevoeg is. Die vlag se verhouding is ook vir die eerste keer formeel vasgestel op 1:2.[5] Hierdie vlag was in gebruik tot en met die aanvaarding van ’n nuwe vlag in 1951, wat weggedoen het met die letters.[6]

1951–1991

[wysig | wysig bron]

Die vlag van die Wit-Russiese SSR is op 25 Desember 1951 deur ’n dekreet aanvaar.[7] Die vlag is in 1956 effens gewysig toe details vir die rooi ster en goue hamer en sekel toegevoeg is. Die finale spesifikasies van die vlag is in Artikel 120 van die Wit-Russiese SSR se grondwet vasgestel en is baie soortgelyk aan die huidige Belarussiese vlag. Die vlag het ’n hoogte-breedte-verhouding van een tot twee (1:2) gehad, net soos die vlag van die Sowjetunie (en die ander veertien unierepublieke).[8] Die hoofgedeelte van die vlag was rooi (wat die Oktoberrewolusie voorstel) met die groen wat die Wit-Russiese woude voorstel. ’n Patroon in wit op rooi is aan die vlagpaalkant toegevoeg; dit is ’n ontwerp wat dikwels op Wit-Russiese tradisionele drag gebruik word. In die skildhoek van die vlag is ’n goue hamer en sekel geplaas met ’n rooi ster in goue fraiing daarbo. Die hamer het die werkers en die sekel die kleinboere, voorgestel; volgens Sowjetideologie is hierdie twee simbole saamgevoeg en het dit samewerking tussen die twee klasse voorgestel. Die rooi ster, ’n simbool wat dikwels deur kommunistiese partye gebruik word, het óf die vyf sosiale groepe (werkers, jeug, kleinboere, militêre en akademici) voorgestel, óf die vyf kontinente, óf die vyf vingers aan ’n werker se hand. Die hamer, sekel en ster is soms nie op die keersy van die vlag vertoon nie. Die doel van hierdie ontwerp was dat die Wit-Russiese SSR, saam met die Sowjetunie en die Oekraïense SSR, in 1945 tot die Verenigde Nasies toegelaat is as stigterslede en dat elkeen sy eie onderskeibare vlag moes hê. Michail Goesjef het die vlag ontwerp.[9]

1995-referendum

[wysig | wysig bron]

Die referendum wat gehou is om die staatsimbole te aanvaar, het op 14 Mei 1995 plaasgevind. 64,7% van die stemgeregtigdes het met ’n meerderheid van 75,1% teen 24,9% ten gunste van die staatsimbole gestem. Opposisiepartye in die land het die uitvoer van die referendum asook die wettigheid of die nasionale simbole deur middel van ’n referendum bepaal mag word, gekritiseer.[10][11] Opposisiepartye het aangevoer dat slegs 48,7% van die stemgeregtigdes (75,1% van die 64,7 wat opgedaag het om te stem) die aanvaarding van die nuwe vlag gesteun het, maar dat die Wit-Russiese reg (soos in ander lande) dit stel dat slegs ’n meerderheid van kiesers nodig is om oor ’n referendum te kan besluit.[12][13] Met die kiesuitslae wat ten gunste van president Loekasjenko geswaai het, het hy aangekondig dat die terugkeer van die Sowjet-styl vlag ’n sin van jeugdigheid en goeie herinneringe na die volk terugbring.[14]

Loekasjenko het in 1993 ’n soortgelyke referendum probeer hou, maar kon nie parlementêre steun daarvoor kry nie. Twee maande voor die referendum in Mei 1995 het Loekasjenko ’n vlagontwerp voorgestel wat bestaan het uit ’n horisontale tweekleur in groen-rooi-groen. Hoewel dit onbekend is wat van die voorstel geword het, is nuwe ontwerpe (bekend as “projekte” in Belarus) ’n paar dae later voorgestel, waarvoor met die referendum in 1995 gestem kon word.[15]

Vorige vlae

[wysig | wysig bron]

Ander vlae

[wysig | wysig bron]

Sedert die aanvaarding van die vlag in 1995 is verskeie ander vlae deur regeringsagentskappe of -liggame aangeneem wat op die nasionale vlag geskoei is.

Die presidensiële standaard, wat sedert 1997 in gebruik is, is deur ’n dekreet getiteld “Aangaande die standaard van die president van die Republiek Belarus” aanvaar. Die ontwerp van die standaard is ’n presiese kopie van die nasionale vlag met die toevoeging van die nasionale embleem van Belarus in goud en rooi. Die standaard se 5:6-verhouding verskil van dié van die nasionale vlag. Dit word gebruik by geboue en op voertuie om die teenwoordigheid van die president aan te dui.[16]

In 2001 het president Loekasjeno ’n dekreet uitgevaardig wat ’n vlag aan Belarus se gewapende magte verleen. Die vlag het ’n verhouding van 1:1,7 en bevat die nasionale ornamentele patroon aan die vlagpaalkant. Aan die voorkant van die vlag is die land se wapenskild met die woorde УЗБРОЕНЫЯ СІЛЫ (“Gewapende Magte”) in ’n boog daarbo, en РЭСПУБЛІКІ БЕЛАРУСЬ (“van Republiek Belarus”) daaronder; die teks is goudkleurig. Op die keersy van die vlag, is in die middel die simbool van die gewapende magte met ’n rooi ster wat omring is deur ’n eik-en-lourierkrans. Bo die simbool is die frase ЗА НАШУ РАДЗІМУ (“Vir ons Vaderland”), met die volle naam van die militêre eenheid daaronder.[17][18]

Ontwerp

[wysig | wysig bron]

Die basiese ontwerp van die nasionale vlag van Belarus is vir die eerste keer in Presidensiële Dekreet No. 214 van 7 Junie 1995 beskryf. Die vlag is ’n reghoekige kleed bestaande uit twee horisontale bane: ’n rooi baan (wat ontleen is aan die vlag van die Sowjetunie) bo-aan wat twee-derdes van die vlag se hoogte is en ’n groen baan onderaan wat ’n derde van die vlag se hoogte is. ’n Tradisionele Belarussiese dekoratiewe patroon in rooi-op-wit is in vertikaal aan die vlagpaalkant en beslaan ’n negende van die vlag se breedte. Die vlag se verhouding van hoogte tot breedte is 1:2.[19] Die vlag verskil nie noemenswaardig van die vlag van die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek nie, buiten vir die verwydering van die hamer en sekel en die rooi ster, asook ommekeer van rooi en wit in die patroon in die vlagpaalkant.[20][21] Hoewel daar geen amptelike interpretasie van die vlag se kleure is nie, het president Aleksandr Loekasjenko verduidelik dat rooi vryheid en die opoffering van die volk se voorvaders voorstel en groen stel lewe voor.[22]

In aansluiting tot die dekreet van 1995 is “STB 911-2008: Nasionale Vlag van die Republiek Belarus” in 2008 deur die Staatskomitee vir Standaardisering van die Republiek Belarus gepubliseer. Dit bied besonderhede oor die tegniese spesifikasies van die nasionale vlag, soos die detail van die kleure en die ornamentele patroon. Die rooi ornamentele patroon op die nasionale vlag was tot 2012 112 van die vlag se breedte en 19 met die wit fraiing daarby. Sedert 2012 beslaan die rooi patroon ook die area van die wit fraiing en het die patroon dus op 19 van die vlag se breedte gebly.[2]

Konstruksietekening
Konstruksietekening

Kleure

[wysig | wysig bron]

Die kleure van die nasionale vlag word in “STB 911-2008: Nasionale Vlag van die Republiek Belarus” gereguleer en word aangegee in die CIE Normaallig D65.[2]

Standaardkleurvoorbeeld van die nasionale vlag[2][23]
Kleur Kleurkoördinaat Y10
x10 y10
Rooi 0.553 ± 0.010 0.318 ± 0.010 14.8 ± 1.0
Groen 0.297 ± 0.010 0.481 ± 0.010 29.6 ± 1.0

Die kleurskema word hieronder gelys:

Rooi Groen
RGB-kleursisteem 210, 39, 48 0, 151, 57
Heksadesimaal D22730 009739
Pantone 1795 C 355 C
CMYK 0-96-82-1 93-0-100-0

Ornamentele patroon

[wysig | wysig bron]
Dekoratiewe patroon op die vlag van Belarus wat met roesjnik ooreenkom

’n Dekoratiewe patroon wat in 1917 deur Matrona Markewitsj ontwerp is, word op die vlagpaalkant van die vlag vertoon (soos dit vroeër ook op die 1951-vlag vertoon was).[9][6] Die patroon, wat afgelei is van plaaslike plante en blomme, is ’n tradisionele tipe wat algemeen in Belarus gebruik word. Hierdie patrone word soms in geweefde kledingstukke gebruik en is veral algemeen in die tradisionele roesjnik, ’n geweefde doek wat vir seremoniële gebeure soos religieuse dienste, begrafnisse en ander kleiner sosiale funksies, soos wanneer ’n gasheer brood en sout op ’n roesjnik bedien, gebruik word.[24][25]

Matrona Markewitsj se man is in 1937 gevange geneem weens die verspreiding van antisowjet propaganda en is tereggestel tydens die Sowjetonderdrukking in Belarus, waarna die gesin gedekoelakiseer is. Die oorspronklike roesjnik het nie behoue gebly nie en is óf in 1937 deur die NKVD gekonfiskeer óf gedurende die Tweede Wêreldoorlog vernietig. Markewitcj se broer, Michail Katsar, hoof van die departement etnografie en folklore aan die Akademie vir Wetenskap van Belarus, is in 1951 ingesluit in die kommissie wat opdrag gekry het om ’n nuwe vlag vir die Belarussiese SSR te skep.[26][27] ’n Monument ter ere van Markewitsj is in 205 in Sianno onthul.[26]

Vlagprotokol

[wysig | wysig bron]
(Links) Die vlag met die Sowjetstyl ster in ’n diamantspitsversiering bo ’n regeringsgebou in Minsk; (regs) die kleure van die Belarussiese vlag soos geïnterpreteer tydens ’n verbyvlug gedurende die Onafhanklikheidsdagparade by die 75ste herdenking van die Bevryding van Belarus.

Belarussiese reg vereis dat die vlag daagliks, as die weer dit toelaat, by die volgende liggings vertoon word:[28]

  • Die woning van die president van Belarus
  • Die geboue van die Nasionale Vergadering van Belarus (Huis van Verteenwoordigers en Raad van die Republiek)
  • Die gebou van die Raad van Ministers van Belarus
  • Howe van Belarus
  • Kantore van plaaslike uitvoerende en administratiewe liggame
  • Bostaande geboue waar sessies van plaaslike adjunkrade plaasvind (gedurende die vergaderings)
  • Militêre basisse of militêre skepe
  • Belarussiese ambassades en konsulate
  • By kontrolepunte en -poste aan Belarus se grense

Die Belarussiese vlag word ook amptelik vertoon by terreine van spesiale plegtighede:[28]

  • Sessies van plaaslike uitvoerende en administratiewe liggame
  • Stem-/verkiesingslokale
  • Sportgeriewe gedurende kompetisies (hoewel die IOK sy eie reëls vir vlagvertoon het[29])

Belarussiese diplomate en verskeie regeringsamptenare (soos die president en eerste minister) vertoon die vlag op voertuie.[28] By spesiale geleenthede soos herdenkdienste en gesinsvakansiedae, kan dit by seremonies gebruik word en ook by gebeure wat deur openbare organisasies, maatskappye en nieregeringsorganisasies aangebied word. Die regulasies is in dieselfde dekreet wat die Belarussiese vlag definieer, uitgereik.[28] Die nasionale vlag is ook in die wapen van die garde van die Belarussiese gewapende magte ingesluit.[30] Die paal moet drie keer langer as die breedte van die vlag wees.[31]

Volgens die presidensiële dekreet van 1995 moet die nasionale vlag vertoon word aan ’n goudkleurige (oker) paal.[19] Ander dele van die protokol spesifiseer dat die spitsversiering (die metaalornament bo-aan ’n vlagpaal) diamantvormig en van ’n geel metaal moet wees. Binne hierdie diamant is ’n vyfpuntige ster (soortgelyk aan dié wat in die landswapen gebruik word).[32] Die diamantpatroon verteenwoordig nog ’n voortsetting van Sowjetvlagtradisies.[33] Die Dag van die Nasionale Wapen en Vlag van Belarus is 15 Mei.[34]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Belarus". Flags of the World. Besoek op 14 Junie 2023.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (ru) "СТБ 911-2008 Государственный флаг Республики Беларусь. Общие технические условия (STB 911-2008: Nasionale Vlag van die Republiek Belarus. Tegniese Spesifikasies)". Staatskomitee vir Standaardisering van die Republiek Belarus. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2018. Besoek op 19 Augustus 2018.
  3. (ru) "Канстытуцыя Сацыялістычнай Савецкай Рэспублікі Беларусі (Grondwet van die Sosialistiese Sowjetrepubliek Belarus)". pravo.by. Nasionale Sentrum vir Regsinligting van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2010. Besoek op 27 September 2010.
  4. (ru) "Постановление VIII Всебелорусского С'езда Советов Рабочих, Крестьянских и Красноармейских Депутатов об утверждении Конституции (Основного Закона) Белорусской Социалистической Советской Республики (Resolusie van die VIII Wit-Russiese Kongres van Sowjets van Werkers, Kleinboere en Rooi Leër Deputate oor die goedkeuring van die grondwet (basiese wet) van die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek)". pravo.by. Nasionale Sentrum vir Regsinligting van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2010. Besoek op 29 November 2010.
  5. (ru) "Об Утверждении Конституции (Основного Закона). Белорусской Советской Социалистической Республики (Oor goedkeuring van die grondwet (basiese wet). Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek)". pravo.by. Nasionale Sentrum vir Regsinligting van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2010. Besoek op 29 September 2010.
  6. 6,0 6,1 (en) Katljartsjoek, Andrzei (14 September 2020). "Die vlagrewolusie. Verstaan die politieke simbole van Belarus". balticworlds.com. Centre for Baltic and East European Studies (CBEES), Södertörn-universiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2020. Besoek op 25 Desember 2020.
  7. (ru) Указ Президиума ВС БССР от 25.12.1951 о государственном флаге Белорусской ССР op die Russiese Wikisource (“Die dekreet van die Præsidium van die Wit-Russiese Oppergesag 25.12.1951 oor die staatsvlag van die Wit-Russiese SSR”)
  8. (ru) Указ Президиума ВС БССР от 8.05.1956 об утверждении Положения о Государственном флаге Белорусской ССР op die Russiese Wikisource ("Die dekreet van die Præsidium van die Wit-Russiese Oppergesag 05.08.1956 vat die regulasie oor die staatsvlag van die Wit-Russiese SSR”)
  9. 9,0 9,1 (be) Basaŭ, Alâksandr Níkadzímavíč; Kurkoŭ, Ívan Míhajlavíč (1994). Флагі Белорусі ўчора і сення / Flagí Belorusí ŭčora í sennâ (Vlae van Belarus gister en vandag). Minsk: Полымя. p. 24. ISBN 978-5-345-00730-3. OCLC 490001675.
  10. (en) Minderhede-in-gevaar-projek (2004). "Chronologie vir Pole in Belarus". unhcr.org. Verenigde Nasies Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2013. Besoek op 16 April 2013.
  11. (en) James Minahan James (2000). One Europe, Many Nations: A Historical Dictionary of European National Groups. Santa Barbara, Kalifornië: Greenwood Publishing Group. p. 117. ISBN 978-0-313-30984-7. Besoek op 21 Julie 2024.
  12. (en) David R. Marples (1999). Belarus: A Denationalized Nation. Abingdon-on-Thames, UK: Harwood Akademies. p. 75. ISBN 978-90-5702-343-9. Besoek op 21 Julie 2024.
  13. (en) "Verkiesingswet van die Republiek Belarus". ncpi.gov.by. Die verkiesings van die President van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2011. Besoek op 23 Augustus 2011.
  14. (en) Jaskułowski, Krzysztof; Kamusella, Tomasz, reds. (2009). Nationalisms Today. Bern, Switserland: Peter Lang. p. 222. ISBN 978-3-03911-883-0. Besoek op 21 Julie 2024.
  15. (ru) "Vexillographia – Флаги Беларуси (Vexillographia – Vlae van Belarus)". vexillographia.ru. Russiese Sentrum vir Vlagkunde en Heraldiek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 17 Mei 2020.
  16. (ru) "Указ Президента Республики Беларусь О Штандарте (флаге) Президента Республики Беларусь (Dekreet van die President van die Republiek Belarus oor die standaard (vlag) van die President van die Republiek Belarus)". Geraldika.ru. Roskomnadzor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2020. Besoek op 25 Desember 2020.
  17. (en) Zachary Harden (3 Junie 2023). "Belarus – Military Flags". Flags of the World. Besoek op 21 Julie 2024.
  18. (ru) "Флаги армии Беларуси (Vlae van Belarus se weermag)". vexillographia.ru. Russiese Sentrum vir Vlagkunde en Heraldiek. 8 Oktober 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2019. Besoek op 18 Julie 2019.
  19. 19,0 19,1 (ru) "Указ Президента Республики Беларусь Об утверждении Положения о Государственном флаге Республики Беларусь | Геральдика.ру (Dekreet van die President van die Republiek Belarus oor die goedkeuring van die vlag van die Republiek Belarus)". Geraldika.ru. Roskomnadzor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012. Besoek op 25 Junie 2012.
  20. (en) "Staatsimbole van die Republiek Belarus". Die amptelike internetportaal van die President van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 26 April 2020.
  21. (en) "Flag of Belarus". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Julie 2024.
  22. (en) Aleksandr Loekasjenko (2 Julie 2013). "Opmerkings van die president tydens die seremoniële inhuldiging van die Staatsvlagplein". Die amptelike internetportaal van die president van die Republiek Belarus. Die Persdiens van die President van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 April 2020.
  23. (en) "Staatsimbole – Ministerie van Buitelandse Sake van die Republiek Belarus". Ministerie van Buitelandse Sake van die Republiek Belarus. Besoek op 9 April 2023.
  24. (en) "Belarussiese tekstiele". belarusguide.com. Virtuele gids tot Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 25 Desember 2020.
  25. (en) "Belarussiese roesjnik". belarusguide.com. Virtuele gids tot Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2019. Besoek op 25 Desember 2020.
  26. 26,0 26,1 (be) "У Сянне адкрылі помнік жанчыне, якая вышыла арнамент з дзяржаўнага сцяга ('n Monument aan 'n vrou wat 'n ornament vir die staatsvlag geborduur het, is in Sianno onthul)". Budzma. 6 Julie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  27. (be) "Адкрыты спіс – Маркевіч Аляксей Захаравіч (1885) (Markewitsj Aleksei Zacharowitsj (1885))". Openlist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  28. 28,0 28,1 28,2 28,3 (ru) "Государственная символика Республики Беларусь (Staatsimbole van die Republiek Belarus)". President.gov.by. Persdiens van die president van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 4 Oktober 2019.
  29. (en) Vlaghandleiding. Beijing, China: Beijing Organizing Committee for the Games of the XXIX Olympiad – Protocol Division. 2008. p. 4. OCLC 718195221.
  30. (ru) "Военный мундир Нагрудные знаки (Wapens van die gewapende magte van Belarus)". deti.mil.by. Ministerie van Verdediging van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2007. Besoek op 11 Maart 2007. Nota: Werk slegs in Internet Explorer
  31. (ru) "Государственные символы Республики Беларусь (Staatsimbole van die Republiek Belarus)". Nasionale Sentrum vir Regsinligting van die Republiek Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2010. Besoek op 28 Januarie 2010.
  32. (en) "Ambassade van die Republiek Belarus in Korea — Republiek Belarus — Nasionale Simbole". Korea.mfa.gov.by. Ministerie van Buitelandse Sake van die Republiek Belarus. 20 Desember 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2012. Besoek op 29 November 2012.
  33. (ru) "Гордо Реют Боевые Стяги! (Gevegstuie vertoon trots!)". Grinchevskiy.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2019. Besoek op 15 Augustus 2012.
  34. (ru) "(14 мая – День Государственного герба и Государственного флага Республики Беларусь (BelTA se blad oor die nasionale vlagdag)". Belta. 12 Mei 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2006. Besoek op 11 Oktober 2006.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vlag van Belarus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?