For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for The Star.

The Star

Mashoof van die Eastern Star, 'n jaar voor dit per ossewa na Johannesburg gebring is en van toe af daar uitgegee is.

The Star is 'n Johannesburgse dagblad wat deur Independent News & Media uitgegee word. Die koerant is nou verwant aan die Saturday Star.

Die koerant het sy ontstaan in Grahamstad gehad as die Eastern Star of Grahamstown Advertiser and Anglo-African op 6 Januarie 1871. Dit is gestig deur 'n drukker, ene O'Brien, en het later in die besit gekom van die broers Thomas en George Sheffield, toe dit weekliks verskyn het.

Na die dood van die koerant se vernaamste finansiële ondersteuner, Dean Williams, is die toerusting per ossewa na die Witwatersrand gebring waar dit die eerste keer op 17 Oktober 1887, skaars 'n jaar na die stigting van die toekomstige Johannesburg, verskyn het. Dit het 'n ruk lank steeds as die Eastern Star bekend gestaan en twee maal per week verskyn.

Sedert 1 April 1889 verskyn dit daagliks. Die koerant het in 1897 met president Paul Kruger gebots, waarna dit tydelik opgeskort is en 'n ruk lank as The Comet verskyn het. In dieselfde jaar het Danie Theron die indertydse redakteur, W.F. Monypenny, afgeransel oor 'n aanval op die Boere (of volgens 'n bron die redakteur se vermeende chauvinisme jeens vroue).

Die koerant het nie tydens die Tweede Vryheidsoorlog verskyn nie, maar wel weer in Januarie 1902.

Verspreiding en sirkulasie

[wysig | wysig bron]

The Star word versprei na alle uithoeke van die noordelike provinsies (Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes), en selfs dele van die Vrystaat, Noord-Kaap en KwaZulu-Natal. Dit word ook per vliegtuig beskikbaar gestel aan ander Suid-Afrikaanse stede, vanwaar dit na afgeleë plekke saam met Independent News & Media se ander koerante versprei word.

The Star was lank Suid-Afrika se grootste dagblad. Maar dit is eers deur die Sowetan verbygesteek en meer onlangs die Daily Sun. Omstreeks 2008 was sy daaglikse sirkulasie sowat 171 000, vergeleke met meer as 180 000 in 1980. Die Saturday Star se sirkulasie is sowat 130 000. Teen die eerste kwartaal van 2022 was die verkoopte sirkulasie 15 279, terwyl 12 705 eksemplare daagliks gratis versprei is.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
The Star
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?