Teotihuacán
Voor-Spaanse stad Teotihuacán* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
![]() | |
Die Son-piramide en die "straat van die dooies" in Teotihuacán soos gesien vanaf die Maan-piramide | |
Ligging van Teotihuacán in Meksiko | |
Koördinate: 19°41′32″N 98°50′39″W / 19.69222°N 98.84417°W | |
Lande | ![]() |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | I, II, III, IV, VI |
Verwysings | 414 |
Streek† | Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1987 (11de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Teotihuacán (Nahuatl: Tēotīhuacān, ; Spaans: Teotihuacán, [teotiwa'kan], ) is 'n voormalige stad in die Meksikaanse deelstaat México. Die huidige ruïnes is naby die stad San Juan Teotihuacán met 'n bevolking van sowat 45 000 en sowat 45 km in die noordooste van die hoofstad Meksikostad geleë.
![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/26/Location_Teotihuacan.png/220px-Location_Teotihuacan.png)
![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Classic_sites_1.png/220px-Classic_sites_1.png)
![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a0/Teotihuac%C3%A1n_-_Modell_Stadt_2.jpg/220px-Teotihuac%C3%A1n_-_Modell_Stadt_2.jpg)
Die stadsgebied was reeds sedert die sesde eeu voor Christus blywend gevestig. Tussen 100 en 650 n.C. was Teotihuacán die oorheersende kulturele, ekonomiese en militêre sentrum van Meso-Amerika. Op die hoogtepunt van sy ontwikkeling het die stad vermoedelik 'n bevolking van tussen 100 000 en 200 000 gehad en was dus in sy tyd by verre die grootste stad in die Amerikas en een van die grootste stede in die wêreld.[1] Van ongeveer 650 het sy invloed begin afneem, totdat die stad omstreeks 750 heeltemal verlaat is, maar die kulturele invloede het tot die Spaanse verowering van Meksiko voortgehou. Die Asteke, wat die ruïne in die Hoogland van Mexiko reeds as verlate plek gevind het, het dit as mitiese plek beskou en Tēotīhuacān genoem, wat beteken waar 'n mens 'n god word.[2]
Die stad word sedert die tyd van die aankoms van die eerste Spanjaarde bestudeer, maar professionele opgrawings vind egter eers sedert ongeveer 1900 plaas. Die afwesigheid van 'n skriftelike nalatenskappe belemmer die navorsing in geen geringe mate, en baie resultate kan slegs deur middel van die interpretasie van die bevindinge verkry word. Vir baie jare is vermoed dat Teotihuacán deur Tolteke gestig is, omdat sommige tekste uit die koloniale tydperk soos die Florentine Codex dié terrein aan Tolteke toeskryf. Die Nahuatl-woord "Toltek" verwys egter algemeen na 'n "vakman van die hoogste vlak" en mag nie altyd na die Tolteekse beskawing van Tula in die hedendaagse Hidalgo verwys nie. Omdat die Tolteekse beskawing eeue na Teotihuacán floreer het, kon die mense nie die stad gestig het nie. 'n Groot invloed van die vroeë Teotihuacán-beskawing op die latere Tolteke is egter waarskynlik.
Die Voor-Spaanse stad van Teotihuacán is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is die mees besoeke argeologiese terrein in Meksiko, met 4 185 017 besoekers in 2017.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Teotihuacan". Heilbrunn Timeline of Art History (in Engels). Department of Arts of Africa, Oceania, and the Americas, The Metropolitan Museum of Art. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020.
- ↑ (en) John Bierhorst:A Nahuatl – English dictionary and concordance to the Cantares mexicanos with an analytic transcription and grammatical notes Stanford, Stanford University Press 1985. ISBN 0-8047-1183-6
- ↑ "Estadística de Visitantes" (in Spaans). INAH. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 25 Maart 2018.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Berrin, Kathleen; Esther Pasztory (1993). Teotihuacan: Art from the City of the Gods. New York: Thames and Hudson. ISBN 0-500-23653-4. OCLC 28423003.
- (en) Cowgill, George (1997). "State and Society at Teotihuacan, Mexico" (PDF aanlyn-reproduksie). Annual Review of Anthropology. Palo Alto, CA: Annual Reviews Inc. 26 (1): 129–161. doi:10.1146/annurev.anthro.26.1.129. OCLC 202300854.
- (en) Millon, René (1993). "The Place Where Time Began: An Archaeologist's Interpretation of What Happened in Teotihuacan History". In Berrin, Kathleen; Esther Pasztory (reds.). Teotihuacan: Art from the City of the Gods. New York: Thames and Hudson. pp. 16–43. ISBN 0-500-23653-4. OCLC 28423003.
- (en) Sugiyama, Saburo (2003). Governance and Polity at Classic Teotihuacan; in Julia Ann Hendon, Rosemary A. Joyce, "Mesoamerican archaeology". Wiley-Blackwell.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Teotihuacán.
- (en) Toerisme-inligting oor Teotihuacán op Wikivoyage
- (en) "Teotihuacán". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Oktober 2018.
![]() |
Geskiedenis van Meksiko | ![]() |
||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Wêrelderfenisgebiede in Meksiko volgens streke | ||
---|---|---|
Noordwes | Argeologiese Sone van Paquimé, Casas Grandes • Eilande en beskermde gebiede in die Golf van Kalifornië1 • El Pinacate y Gran Desierto de Altar Biosfeerreservaat • Rotstekeninge van Sierra de San Francisco • Walvisreservaat van El Vizcaino | |
Noordsentraal | Beskermde stad van San Miguel en die Reservaat van Jesús Nazareno de Atotonilco • Camino Real de Tierra Adentro • Fransiskaanse Missies in die Sierra Gorda van Querétaro • Historiese Monumentesone van Querétaro • Historiese Sentrum van Zacatecas • Historiese stad van Guanajuato en aangrensende myne | |
Wes | Agave-landskap en antieke industriële fasiliteite van Tequila • Eilande en beskermde gebiede in die Golf van Kalifornië1 • Historiese sentrum van Morelia • Hospicio Cabañas, Guadalajara • Monargvlinder-biosfeerreservaat1 • Revillagigedo-eilande | |
Oos | Historiese Monumentesone van Tlacotalpan • Historiese sentrum van Puebla • Vroegste 16de eeu kloosters op die hange van Popocatépetl1 • Voor-Spaanse stad van El Tajín | |
Suidwes | Historiese sentrum van Oaxaca en argeologiese plek van Monte Albán • Voor-Spaanse stad en Nasionale Park van Palenque • Prehistoriese grotte van Yagul en Mitla in die Sentrale Vallei van Oaxaca | |
Suidsentraal | Akwaduk van Padre Tembleque hidrouliese stelsel • Argeologiese Monumentesone van Xochicalco • Camino Real de Tierra Adentro • Historiese sentrums van Meksikostad en Xochimilco • Luis Barragán se huis en studio • Monargvlinder-biosfeerreservaat1 • Sentrale Universiteitskampus van die UNAM • Tehuacán-Cuicatlán-biosfeerreservaat • Vroegste 16de eeu kloosters op die hange van Popocatépetl1 • Voor-Spaanse stad van Teotihuacán | |
Suidoos | Antieke Maya-stad van Calakmul, Campeche • Historiese versterkte stad van Campeche • Voor-Spaanse stad van Chichén Itzá • Sian Ka'an • Voor-Spaanse stad van Uxmal | |
1 Gedeel met meer as een streek |
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.