For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Tarentale.

Tarentale

Numididae
Gewone tarentaal (Numida meleagris)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Numididae

Genera
  • Agelastes
  • Numida
  • Guttera
  • Acryllium

Tarentale (Numididae) is 'n familie van hoenderagtige voëls. Die familie omvat 6 spesies.[1] Tarentale kom inheems in die droë gebiede van Afrika voor. Hulle het kaal koppe met lelle en wit kolletjies op die vere. In lande soos Indië word hulle vir vleis geteel.[2] Die vleis het 'n effense wilde smaak.

Twee tarentaalsoorte kom in Suid-Afrika voor, naamlik die gewone tarentaal en die kuifkoptarentaal.

'n Tarentaal word ook soms, veral in geselstaal, poelpetaat, poelepetaat, poelepetater, koelmetat en poelmetaan genoem. Dit is afkomstig van die Franse woorde poule (hoender) en pintade (gespikkeld).[3]

Hulle word dikwels as mak pluimvee aangehou ter wille van hulle smaaklike vleis. Hoewel tarentale baie soos fisante (familie Phasianidae) lyk, is hulle groter; sommige kenners klassifiseer hulle nietemin onder dieselfde familie. Die meeste tarentale is grys met wit of blou kolletjies en kaal nekke. Die koppe kan wit, blou of rooi wees.

Daar is egter spesies soos die swarttarentaal (Agelestes niger) wat in Wes-Afrika voorkom en volkome swart is, terwyl die Agelestes meleagrides 'n wit bors het maar origens heeltemal swart is. Die Acryllium vulturimum, wat in Oos-Afrika voorkom, is die grootste en kleurvolste spesie: hy het lang, witgestreepte nekvere en plek-plek blou en pers vlekke op die verekleed. Sommige tarentale het kuiwe van vere of harige stoppels en ander het 'n beenagtige helm, wat baie ten opsigte van kleur en vorm wissel.

Tarentale wei gewoonlik in groot troppe, maar in die broeityd (van Oktober tot Maart in die Suidelike Halfrond) paar hulle gewoonlik af. Die wyfie lê gewoonlik 5 tot 10 eiers, wat na 'n maand uitbroei. Hulle slaap in bome, maar maak in ʼn beskutte plek op die grond nes. Hulle leef hoofsaaklik van insekte, wurms, knolle en sade en is nuttige diere vir saaiboere omdat hulle die landerye skoon hou van insekte.

Daar is 2 inheemse spesies in Suid-Afrika, naamlik die gewone of horingkoptarentaal (Numida meleagris) en die kuifkoptarentaal (Guttera edouardi). Eersgenoemde kom oor die hele land voor, maar die kuifkop word net in digte bosse langs riviere en in immergroen woude in die sentraal-oostelike en noordoostelike dele van Suider-Afrika aangetref.

Taksonomie

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (waargawe 2.6). (en)
  2. "Guinea Fowl - Poultry Hub". poultryhub.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2010. Besoek op 14 Augustus 2010.
  3. http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/taaltoffie/wat-woord-van-die-week-poelpetaat/
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Tarentale
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?