For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for TLU SA.

TLU SA

TLU SA is 'n landbou-organisasie met takke dwarsoor Suid-Afrika. Voor die jaar 2000 het die organisasie as die Transvaalse Landbou-unie bekend gestaan en slegs die Transvaalse boere bedien.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die TLU SA is tans die oudste landbou-organisasie in Suid-Afrika, wat steeds voortgaan soos wat hy gestig is.

Die Transvaalse Landbou-Unie is in 1897 in die ou Transvaal gestig. Die unie het die Tweede Vryheidsoorlog (Anglo-Boereoorlog) oorleef, en was na die oorlog instrumenteel in die stigting van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) wat 'n oorkoepelende landbou-organisasie geword het waar ander provinsiale landbou-unies ook in verteenwoordig kon word.

Dwarsdeur al die verwikkelinge wat die geskiedenis opgelewer het, het TLU SA staande gebly en die belang van sy lede, die landbouers, bly beskerm: deur die Rebellie van 1914, deur die twee wêreldoorloë, ten spyte van verskeie regeringsveranderings in Suid-Afrika en die politieke turbulensie wat dikwels daarmee gepaard gegaan het.

Die grootste toets vir TLU het egter gekom in 1994 en die tydperk direk daarna. Na die inwerkingstelling van die nuwe bedeling het die nuwe maghebbers die land in nuwe provinsies opgedeel. Feitlik dadelik het 'n hele aantal regerings- en nie-regeringsinstellings hulle strukture aangepas om aan te pas by die regering se provinsies. Die het vir TLU 'n groot probleem geskep, aangesien TLU die verteenwoordiger vir die ou Transvaal was binne SALU.

SALU het ook aangepas. Sy naam is verander na Agri SA, en het die nuwe provinsies erken, en daarop aangedring dat TLU moet verbrokkel om die nuwe streke te akkommodeer. Inderdaad het 'n afskilfering plaasgevind wat gelei het tot die stigting van Agri Noordwes, Agri Limpopo en Agri Mpumalanga. Die groot gros lede van TLU wou egter by TLU bly, wat dus 'n afstigting onwenslik gemaak het.

Intussen het beleid en operasionele verskille tussen Agri SA en TLU al groter geword en gedreig om volskaalse verdeeldheid in Suid-Afrikaanse landbou tot gevolg te hê. Die gevolg was dat TLU besluit het om sy dekadelange verbintenis met Agri SA te beëindig.

Verskeie boere en boereverenigings van dwarsoor die land het TLU genader met die oog op samewerking. Die Transvaalse landbou-Unie het toe besluit om landwyd te vestig, en met die oog daarop is die naam amptelike verander na TLU SA. TLU SA is sedertdien 'n landwye organisasie vir hoofsaaklik kommersiële boere, en opereer dus langs Agri SA.

Die twee nasionale landbou-organisasies het steeds verskille, maar as gevolg van die toenemende druk op boere op velerlei terreine, is daar weer 'n nouer samewerking op gemeenskaplike terreine, met erkenning van elkeen se identiteit en karakter.

Struktuur

[wysig | wysig bron]

TLU SA het tans kantore in sy verskeie streke, naamlik Sentraal (Gauteng), Oos (Mpumalanga), Wes (Noordwes), Noord (Limpopo), Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap.

'n Nasionale kongres vind jaarliks plaas waartydens 'n president en adjunkpresident verkies word. Die streke verkies hulle eie streekvoorsitters wat dan die uitvoerende komitee vorm. Die Algemene Raad van TLU SA is die hoogste gesag as die kongres nie in sitting is nie.

Fokuspunte

[wysig | wysig bron]

TLU SA het regdeur sy geskiedenis die belang van sy lede, die boere of landbouers voorop gestel. Dit het daartoe gelei dat hy heelhartig kon saamwerk met regerings wat landbou-vriendelik was, maar ook soms in hewige meningsverskil gewikkel geraak het met regerings wat nie landbou-vriendelik is nie.

TLU SA staan sterk op vryemark beginsels en bepleit dat ekonomiese realiteite bo politieke doelwitte in ag geneem word as besin word oor landbou in Suid-Afrika.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
TLU SA
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?