For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Surveyor 4.

Surveyor 4

Surveyor 4 was die vierde onbemande, ruimtetuig in die Amerikaanse Surveyor-program wat gestuur is om die oppervlakte van die Maan te verken. Die ruimtetuig het na 'n andersins foutlose sending neergestort; telemetrie kontak is 2,5 minute voor landing verloor. Die beplande landingsgebied was Sinus Medii (Sentraalbaai) op 0,4° noorderbreedte en 1,33° westerlengte.

Surveyor 6 het 'n paar maande later, in November 1967, suksesvol naby die ongeluksplek van Surveyor 4 geland.

Toerusting

[wysig | wysig bron]

Hierdie ruimtetuig was die vierde in 'n reeks wat ontwerp is om 'n sagte landing op die Maan te doen en om foto's van die maanoppervlak terug te stuur vir die bepaling van eienskappe van die maanoppervlakte vir Apollo-maanlandingsmissies. Toerusting aan boord het 'n televisiekamera en hulpspieëls, 'n grondmeganika-oppervlakmonsternemer, spanningsmeters op die ruimtetuig se landingsbene en talle ingenieurssensors ingesluit. Soos Surveyor 3, was Surveyor 4 ook toegerus met 'n oppervlakklou (met 'n magneet in die klou) om ysterhoudende elemente in die maanoppervlak op te spoor en te meet.[1]

Na 'n foutlose vlug na die maan het radioseine van die ruimtetuig tydens die terminale daal fase op 17 Julie 1967 om 02:03 UT opgehou, ongeveer 2,5 minute voor landing. Kontak met die ruimtetuig is nooit herstel nie, en die sending was dus onsuksesvol. Die vastebrandstof-truvuurpyl het moontlik naby die einde van sy geskeduleerde ontbranding ontplof.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Surveyor 4". NASA. Besoek op 14 Maart 2022.

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Surveyor 4
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?