For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Stut.

Stut

Let op die kop van speler nommer 1 (los) en 3 (vas) in die skrum.

'n Stut is 'n spelerposisie in rugby. Die nommer 1 staan as die loskopstut bekend en die nommer 3 as die vaskopstut.

Die twee stutte “stut” die haker in die skrum. Hulle vorm deel van die voorste ry van die skrum en druk teen die opposisie se stutte. Die loskopstut is aan die linkerkant van die haker geposisioneer en sy kop is aan die buitekant van die skrum wanneer dit inskakel. Die vaskopstut is regs van die haker met sy kop tussen die opposisie-haker en die opposisie-loskopstut.

Die stut se hoofrol is om stabiliteit in die skrum te verskaf en die haker te ondersteun om die bal te wen. By die lynstaan ​​is die stut se rol om die springer te ondersteun terwyl hulle om die bal meeding. Die stutte is gewoonlik aan die voorkant van die lynstaan ​​geposisioneer met 'n springer tussen hulle. Hulle is ook dikwels betrokke om springers op te lig wanneer hulle 'n afskop ontvang. Terwyl skrumwerk steeds as hul hoofverantwoordelikheid beskou word, word daar ook van moderne stutte verwag om by te dra tot die aanval en verdediging.

In die skrums moet stutte druk van die slotte en losvoorspelers inneem wat van agter af druk en die opposisie wat teen hulle druk, so hulle is dikwels onder die sterkste spelers in 'n span. Sommige van die meer suksesvolle stutte het kort nekke en breë skouers om hierdie druk te absorbeer asook kragtige bene om die skrum vorentoe te dryf. Aangesien die spel professioneel geword het, kan nie-spesialis stutte of hakers nie in die voorry speel nie.

As 'n span weens afstuur (geel/rooi kaarte) of beserings nie genoeg spesialis-voorryspelers oor het nie, word die skrums 'onbetwis' (dws. geen stoot word in die skrum toegelaat nie en die span wat die bal in die skrum sit, wen dit). Met hul eie skrum is die loskop se rol om die haker 'n vrye uitsig te gee om die bal te kan haak, terwyl die vaskop probeer om die skrum stabiel te hou. Wanneer die opposisie die bal insit, probeer die vaskop om die opponerende haker of loskop te ontwrig, om dit vir hulle moeilik te maak om die bal te wen.

Plaasvervanging

[wysig | wysig bron]

Onder deesdae se plaasvervangerreëls, word die no. 1 en no. 3 vervang deur onderskeidelik no. 17 en 18 vanaf die reserwebank. Dit kan enige tyd gedurende die wedstryd gebeur, bv. as gevolg van 'n besering, maar meestal is dit 'n taktiese verandering tussen ongeveer die 50ste en 65ste minuut van die wedstryd.

Noemenswaardige stutte

[wysig | wysig bron]

'n Paar bekende stutte (almal Springbokrugbyspelers) ter illustrasie:



Spelerposisies in rugby
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Stut
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?