For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Sergei Rachmaninoff.

Sergei Rachmaninoff

Sergei Rachmaninoff
Agtergrondinligting
Gebore1 April 1873
Nowgorod-oblast, Russiese Ryk
Sterf28 Maart 1943 (op 69)
GenresRomantiek
Beroep(e)Komponis, pianis, orkesleier
InstrumenteKlavier

Sergei Vasilievich Rachmaninoff (Russies: Серге́й Васи́льевич Рахма́нинов; IFA: [sʲɪrˈɡʲej rɐxˈmanʲɪnəf]; 1 April 187328 Maart 1943) was 'n Russiese pianis, komponis, en orkesleier van die laat romantiektydperk.

Sergei Wasiljewitsj Rachmaninof (1873- 1943) is op Oneg, naby Nowgorod, gebore. Hy was die seun van 'n kaptein van die Keiserlike Wag en 'n afstammeling van ʼn adellike en gegoede familie. As jeugdige het hy 4 jaar lank in Moskou by sy leermeester, Nikolai Sverof, gaan woon.

As student het hy die opera Aleko en die klavierstukke Opus 3, wat die beroemde Prelude in C-kruis-mineur bevat, gekomponeer. Sverof se streng dissipline oor die jong Rachmaninof het meegebring dat hy een van die grootste klaviervirtuose van die 20e eeu geword het. Die eerste uitvoering van sy Tweede Klavierkonsert in C-mineur in Moskou in 1901 was 'n groot sukses.

In 1906 het hy en sy gesin in Dresden gaan woon, waar hy die Tweede Simfonie (1907), die simfoniese gedig Die eiland van die dood (1909) en die Derde Klavierkonsert in D-mineur (1909) gekomponeer het. Laasgenoemde werk het hy spesiaal vir sy eerste konsertreis in die VSA geskryf. Van 1910 tot 1917 het Rachmaninof weer in Moskou gaan woon, waar hy dikwels simfoniekonserte gedirigeer het.

Die belangrikste werk van sy tweede verblyf in Moskou was sy koorsimfonie, Die klokke. Die revolusie van 1917 het hom in so 'n mate van sy land vervreem, dat hy en sy gesin Rusland verlaat en hulle permanent in die VSA gevestig het.

Die kwarteeu wat hy in die VSA gewoon het, is hoofsaaklik aan konsertreise daar en in Europa gewy. Die enigste belangrike komposisies uit hierdie tydperk is die Rapsodie op 'n tema van Paganini (1934) en die Derde Simfonie (1936). Tydens 'n konsertreis het hy skielik siek geword en op 28 Maart 1943 is hy in Kalifornië oorlede.

Waardering

[wysig | wysig bron]

Rachmaninof[1] was die gewildste komponis van die 20e eeu,[verwysing benodig] 'n begaafde dirigent en die verstommendste pianis van sy tyd. Hy was die laaste komponis in die Russiese Romantiese tradisie. Sy komposisies bevat meesleurende melodieë en groot dinamiese kontraste, en daar is tans nuwe belangstelling in sy musiek.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.50. ISBN 978 2 3505 5192 0.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Sergei Rachmaninoff
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?