For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Ree.

Ree

Ree
’n Manlike en vroulike ree.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Capreolus

(Gray, 1821)
Spesie:
C. capreolus
Binomiale naam
Capreolus capreolus
(Linnaeus, 1758)
Die verspreidingsgebied.

Die ree of reebok is ’n Europese hertsoort. Hulle is relatief klein, rooierig en grysbruin, en aangepas by koue omgewings. Reebokke kom wydverspreid in Europa voor, van die Middellandse See-gebied tot in Skandinawië, en van Brittanje tot die Kaukasus. Hulle verskil van die ietwat groter Siberiese ree.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

In Europa kom die ree in die meeste gebiede voor, buiten die mees noordelike dele van Skandinawië en sommige van die eilande, veral Ysland, Ierland en die eilande van die Middellandse See. In die Middellandse See-gebied is hulle beperk tot bergstreke.

In Engeland en Wallis het die reebevolkings taamlik uitgebrei in die laaste helfte van die 20ste eeu en die begin van die 21ste eeu. Dit lyk of die toename in getalle ook die bosland-ekostelsels beïnvloed.[1]

Eienskappe, habitat en dieet

[wysig | wysig bron]
’n Reeboklam van twee tot drie weke oud.

Die ree is ’n taamlik klein hert van sowat 95 tot 135 cm lank, met ’n skouerhoogte van 65 tot 75 cm en ’n gewig van 15 tot 35 kg.[2] Net die mannetjies het gewei. Dit is redelik kort en regop.

Die dier het ’n rooierige kleur met ’n grys gesig. Sy pels is goudrooi in die somer en word donkerder en selfs swart in die winter. Die stert is baie kort, 2 tot 3 cm, en skaars sigbaar.

De ree is baie vinnig en grasieus en hou in woude, hoewel hulle soms in die grasvelde en yl woude voorkom. Hulle eet hoofsaaklik gras, blare, bessies en jong lote. Hulle hou veral van jong, sagte gras met baie vog, soos gras wat die vorige dag reën gehad het.

Voortplanting

[wysig | wysig bron]

Die ree word in die natuur tot sowat 10 jaar oud. Wanneer hulle skrik, blaf hulle baie soos ’n hond. Ooie gee ’n hoë tjank om ramme te lok tydens die paarseisoen (in Julie en Augustus). Die ooi soek gewoonlik ’n ram en kan hom na haar gebied lok.

Die ramme bots in die vroeë somer oor hul gebiede en in die vroeë herfs oor paring. Ooie is 10 maande lank dragtig en skenk gewoonlik die lewe aan twee lammers van verskillende geslagte. Die lammers bly in die gras om vir roofdiere weg te kruip totdat hulle gereed is om by die res van die trop aan te sluit. Volwasse reebokke versaak dikwels hul kleintjies as hulle agterkom of ruik daar was ’n ander dier of mens naby hulle.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Kinver, Mark (1 Januarie 2013). "Roe deer numbers 'changing woodland ecosystems'" (in Engels). VK: BBC News Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 2 Januarie 2013.
  2. Macdonald, D.W.; Barrett , P. (1993). Mammals of Europe. New Jersey: Princeton University Press. ISBN 0-691-09160-9.((cite book)): AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Ree
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?