For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Piet Hein (wetenskaplike).

Piet Hein (wetenskaplike)

Hierdie artikel handel oor die Deense wetenskaplike en digter, Piet Hein. Sien gerus Piet Hein (seevaarder) vir die artikel oor die seevaarder en Nederlandse volksheld.
Piet Hein
Gebore 16 Desember 1905
Kopenhagen, Denemarke
Oorlede 17 April 1996 (op 90)
Funen, Denemarke
Nasionaliteit Vlag van Denemarke Denemarke
Vakgebied Wiskunde
Bekend vir Raaisels, gedigte
Superellips
Die superellipsvorm van die Sergels torg verkeersirkel in Stockholm
Driedimensionele weergawe van die superellips, die supereier

Piet Hein (16 Desember 190517 April 1996) was 'n Deense veelweter (digter, outeur, uitvinder, wiskundige en wetenskaplike). Hein het die pseudonieme Kumbel, Kumbel Kumbell en Notorius Jubelco (Berugte Opgewekte) gebruik.

Piet Hein het groot geword in 'n geleerde familie wat gereelde kontak gehad het met kunstenaars en wetenskaplikes (onder andere Niels Bohr), en Karen Blixen was sy ma se niggie. Een van Piet Hein se voorvaders was die Nederlandse vlootoffisier en nasionale held Piet Pieterszoon Hein.

Nadat hy 'n hoërskool sertifikaat in wiskunde van die Metropolitanskolen verkry, gaan hy na Stockholm om verder by die Koninklike Sweedse Kunsakademie te studeer. Voordat hy sy studies daar voltooi keer hy egter terug om teoretiese fisika by die Universiteit van Kopenhagen te studeer. Hy voltooi ook nie die kursus nie.

Kumbel se Gruks is wêreldberoemd. Die meeste daarvan is in Deens geskryf, maar sommige is in meer as twintig tale vertaal. Dit is kort vindingryke gedigte, baie keer met tekeninge, wat blydskap met sorg en donkerte met lig kombineer. Tussen sewe- en nege duisend daarvan is geskryf. Die eerste en bekendste was oor die klein katjie op die pad (Deens: lille kat på vejen, der sgu var sin egen).

Hein is ook bekend vir sy meetkundige figure die superellips, (superellipsetafel), superellipsoïed en supereier.

As wiskundige het Hein gefokus op die toepassing van kombinatorika op speletjies. In 1942 vind hy die bordspeletjie Hex, aanvanklik genaamd Polygon, uit.

In 1959 ontwerp hy die Sergels Torg in Stockholm, Swede in die vorm van 'n superellips om 'n oplossing te bied vir die reghoekige vorm waarin die verkeersirkel moes pas.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Piet Hein (wetenskaplike)
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?