For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Parktown.

Parktown

Parktown
Northwards Mansion, ontwerp deur Herbert Baker
Northwards Mansion, ontwerp deur Herbert Baker
Parktown is in Gauteng
Parktown
Parktown
 Parktown se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°10′S 28°01′O / 26.167°S 28.017°O / -26.167; 28.017
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
 • Totaal3,79 km2 (1,46 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal6 936
 • Digtheid1 830/km2 (4 700/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense18,6%
 • Indiërs/Asiërs9,3%
 • Bruin mense2,5%
 • Swart mense68,4%
 • Ander1,2%
Taal (2011)
 • Engels 39,3%
 • Zoeloe 18,5%
 • Suid-Ndebele 8,9%
 • Afrikaans 6,0%
 • Ander 27,3%
Poskode (strate)
2193

Parktown is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë. Parktown het met die aanlê daarvan die oorspronklike spogbuurte van die Goudstad, Doornfontein en Belgravia, vervang as die stad se mees gesogte buurt.

Villa Arcadia in Parktown, een van die voorstad se bekende herehuise, is oorspronklik in 1909 deur sir Herbert Baker en sy vennoot, Masey, ontwerp. Die argitek Joseph Solomon het die eienaar lady Florence Phillips met die binneversiering gehelp.

Parktown, wat aangelê is op die plaas Braamfontein, begin sowat 2 km noord van die Johannesburgse stadsaal en strek die hele ent van Empireweg noordwaarts tot amper by die Johannesburgse Dieretuin. Aan die oostekant word dit begrens deur Houghton en in die weste deur Westcliff. Dit het die onderskeiding dat dit die eerste voorstad is wat nie beplan is om soveel moontlik erwe te verkoop ten einde wins te maak nie, maar vir die gerief en gemak van sy inwoners. Die gebied is in 1891 opgemeet deur die Eckstein-group (Corner House) met kontoerpaaie en standplase van sowat 'n halwe hektaar elk en met straatserwitute in die titelaktes om die insypeling van handel of nywerheid te voorkom. So is dit beplan om die stad se voortreflikste voorstad te wees. Die huise op Houghtonrif het 'n onbelemmerde uitsig van 50 km tot by Pretoria en die Magaliesberg. Van die magtigste magnate het hier gewoon, onder wie sir J.B. Robinson, sir Lionel en lady Florence Phillips, kol. C.L. Andersson en sir George Albu.

Parktown se water het oorspronklik gekom van die fontein by Sans Souci en is gepomp na twee hoë staalwatertenks, 'n treffende baken tot hulle in 1908 afgetakel is. In 1901 het lord Alfred Milner in Sunnyside kom woon, 'n paleisagtig woning, nou 'n privaat hotel. Die eerste motorbusse in Johannesburg het in 1904 van Corner House na Parktown geloop.

Let Wel

[wysig | wysig bron]

In Pretoria is daar ook 'n woonbuurt genaamd Parktown. Dit is in 1903 gestig en is so 'n 5 km noord van Kerkplein.

  • Cole, Madden C.: Parktowwn 1892 - 1972. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 23, nr. 3, Maart 1973
  • (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 8. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Parktown". Sensus 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Parktown
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?