For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Nottingham Road.

Nottingham Road

Nottingham Road
Nottingham Road is in KwaZulu-Natal
Nottingham Road
Nottingham Road
 Nottingham Road se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°21′0″S 30°0′0″O / 29.35000°S 30.00000°O / -29.35000; 30.00000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikuMgungundlovu
MunisipaliteituMngeni
Oppervlak
 • Totaal3,07 km2 (1,19 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 277
 • Digtheid416/km2 (1 080/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense26.9%
 • Indiërs/Asiërs3.7%
 • Bruin mense0.8%
 • Swart mense68.2%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Zoeloe 56.9%
 • Engels 34.8%
 • Afrikaans 4.1%
 • Sotho 1.6%
 • Ander 2.6%
Poskode (strate)
3280
Skakelkode033

Nottingham Road is 'n klein dorpie in die KwaZulu-Natal Middeland in Suid-Afrika. Die dorpie is in die sentrale gedeelte van die Midlands Meander geleë. Die dorpie se naam is afgelei van Fort Nottingham wat 15 km daarvan geleë is.[2]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Britse setlaars uit Skotland het hulle in die middel-19de eeu in die omgewing gevestig. Teen die einde van 1885 is 'n spoorlyn aangelê tot waar Nottingham Road vandag geleë is. Voor die stasie geopen is, is die terrein na die boukontrakteur Harrison’s Camp genoem. Die stasie het vir 'n paar jaar as Karkloofstasie bekend gestaan, maar aangesien dit te ver van Karkloof en nie juis deur mense van Karkloof gebruik is nie, is dit laat in 1887 na Nottingham Road Station (op pad na Fort Nottingham) hernoem. Die vestiging van die stasie was die eerste stap in die ontwikkeling van Nottingham Road as 'n landelike sentrum.

'n Klein hotel en 'n winkel is opgerig op die terrein wat later George Nicol se grofsmidwinkel (nou die Mount West drankwinkel) sou huisves. In 1889 het George Orwin grond gekoop en die Railway Hotel, wat vandag as die Nottingham Road Hotel bekend staan, deur C Morgan laat bou wat in 1891 voltooi is. In April 1884 is daar besluit om 'n kerk by Nottingham Road te bou. John King het grond geskenk waarop die klein hout- en ysterkerkie St. Johns Gowrie gebou is en Februarie 1885 geopen is. 'n Gedenkteken ter nagedagtenis van mans uit die distrik wat in die Eerste Wêreldoorlog omgekom het, is op die kerkgrond naby die ingang opgerig en op 26 Januarie 1992 ingewy.

Die Nottingham Road Farmers Association, een van die oudste landbouverenigings in Suid-Afrika, is op 26 Oktober 1887 deur 11 prominente mans uit die omgewing in die Railway Hotel gestig. Een van die projekte van die vereniging was die oprigting van die 'n gemeenskapsaal wat in Desember 1933 met 'n goue sleutel geopen is. Dit huisves vandag die Nottingham Road Grondeienaarsvereniging en 'n plaaslike biblioteek. Die saal word gereeld vir gemeenskapsvergaderings gebruik en dit word ook uitverhuur vir funksies.[3]

In 1866 is die eerste skape – oor meer as 'n duisend kilometer oorland – uit die Kaapkolonie na die omgewing gebring. Die invoer van skape het gelei tot veediefstal deur die plaaslike Boesmanbevolking. Die regering het gereageer met die dodelike 1869 Reprisal wat uit Fort Nottingham van stapel gestuur is. Die optrede het die grensoorlog finaal ten gunste van die setlaars beslis. Die veldtog word uitgebeeld in van die Boesmans se laaste rotstekeninge.

Ontspanning

[wysig | wysig bron]
  • Perdry, polo en kamma-jakkelsjag is gewilde aktiwiteite in die Nottingham Road omgewing.
  • Forelhengel word sedert 1884 hier beoefen.
  • Die 'Nottingham Road Brewing Company' maak plaaslike bier volgens die tradisionele Duitse metode met name soos Tiddley Toad vir 'n lager, Whistling Weasel vir 'n pale ale, Pie-eyed Possum vir 'n pilsener en Pickled Pig vir 'n donker-bruin porter.
  • Jaarliks in Mei word die tweedaglange middeleeuse Sherwoodfees op die dorp gehou.[4]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Nottingham Road". Sensus 2011.
  2. Midlands Reservations Nottingham Road Geargiveer 25 Maart 2007 op Wayback Machine, besoek op 3 Februarie 2007 (dooie skakel)
  3. Nottingham Road Tourism Association Geargiveer 24 Mei 2007 op Wayback Machine History Geargiveer 29 September 2007 op Wayback Machine, besoek op 3 Februarie 2007 (dooie skakel)
  4. Zulu Kingdom – KwaZulu-Natal Geargiveer 3 Februarie 2007 op Wayback Machine, A detailed overview of the Nottingham Road area: Looking after Number One, besoek op 3 Februarie 2007 (Nou in argief?)
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Nottingham Road
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?