For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Miskito.

Miskito

Miskito

Miskito verander 'n busband tussen Bilwi en Krukira, Nicaragua
Totale bevolking: 150 000-200 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Nicaragua Nicaragua
Vlag van Honduras Honduras
Taal: Miskito, Spaans, Miskito Kreoolse Engels
Geloofsoortuiging: Christendom, Animisme
Verwante etniese groepe: Mayangna, Cacaopera, Garifuna, Marone, Afro-Karibbiërs

Die Miskito is Amerikaanse inboorlinge in Sentraal-Amerika. Hulle gebied strek vanaf Kaap Kameroon, Honduras, tot by Rio Grande, Nicaragua. Die meeste Miskito besig die Miskitotaal, ander groepe praat egter Miskito Kreoolse Engels, Spaans, Rama en ander tale. Die Kreoolse Engels het tot stand gekom deur gereelde kontak met die Britte. Baie Miskito is Christene.

Daar is min, indien enige, suiwerbloed Miskito vandag, omdat ontsnapte slawe deur die eeue skuiling by die Miskito gevind het, en so ook onderlangs met mekaar getrou het. Hulle gebied is baie onbereikbaar, en daarom is hulle min geraak deur die Spaanse oorname van die gebied.

Tradisionele Miskito gemeenskappe is hoogs-gestruktureerd, met 'n goed gedefinieerde politieke struktuur. Daar was 'n koning maar hy het nie absolute mag gehad nie. Die mag was verdeel tussen hom, 'n goewerneur, 'n generaal, en teen die 1750's, 'n admiraal. Historiese inligting rakende konings is ietwat obskuur deur die feit dat baie van die konings semi-mitiese figure was, die eerste bevestigde koning, Jeremy I, is eers in 1687 gedateer.

Die sisteem het die Miskito toegelaat om hulle onafhanklikheid te behou regdeur die gesag van Nieu-Spanje en deur die Federale Republiek van Sentraal-Amerika; hulle is egter in 1894 opgeneem in Honduras.

As gevolg van Britse ekonomiese belange in Sentraal-Amerika (veral in Brits-Honduras, nou Belize, kon die Miskito gewere en moderne wapens bekom. Britse ondersteuning het ook Nicaragua laat ontstaan, 'n land wat bedoel is vir die Miskito. Gou daarna het gekombineerde Miskito-Zambo plunderaars begin om Spaanse nedersettings in Honduras aan te val, meestal om Miskito-slawe te red voordat hulle verskeep is na Europa, maar meestal om ander Amer-Indiane gevangene te neem (die Miskitos het hulself vir 'n lang tyd as superieur teenoor ander stamme van die area geag, na wie hulle verwys het as "wild". Van historici beweer dat die Miskitos 'n Britse identiteit nagestreef het, veral omdat Europese kleredrag gewild was onder die Miskito en die Britte het selfs die Miskito konings genoem) om as slawe te verkoop aan die Britte wat gewerk het in Jamaika. Hulle het ook vroue van ander stamme as slawe aangehou. Hierdie plundertogte het aangehou lank nadat die vyandigheid tussen Brittanje en Spanje beëindig is.

As gevolg van die toelating van poligamie en die groot getalle vroulike slawe van die plundertogte, het die Miskito se bevolking baie toegeneem.

Spaanse setlaar het eers begin aankom in Miskitogebiede in 1787, maar die Miskito het aangehou om die area te oorheers as gevolg van hulle groot getalle en die ervare weermag. Die Miskito het nog nooit beheer gevoel deur die regering van Nicaragua nie en baie Miskitos beskou hulself vandag nie as Nicaraguane nie.

In die 1970's en 1980's se pogings tot volksmoord deur die kommunistiese Sandinistaregering het die gedwonge hervestiging van 8 500 Miskitos en die verwoesting van soveel as 100 nedersettings ingesluit, en het die Miskitos forseer, saam met die geallieerde Sumu en Ramastamme, om die MISURASTA te vorm, 'n groep van anti-regeringguerillas wat geallieerd was met die contras.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Ligging van die Miskitokus

Die Miskitonasie het as 'n staat tot stand gekom rondom 1625. Die eerste dateerde koning was Oldman, die seun van 'n ongenoemde koning van die Miskitos. Eerste kontak met die Britte is gemaak tydens die heerskappy van die vader van Koning Oldman, wat hom na Brittanje gestuur het om 'n oudiënsie met Koning Karel I aan te vra.

Die MiskitoKoning en die Britte het in 1740 'n formele Verdrag van Vriendskap en Alliansie onderteken gevolg deur die aanstelling van 'n inwonende Superintendent in 1749. 'n protektoraat is oor die Miskitonasie ingestel.

Die Koninkryk van die Miskitos het gehelp gedurende die Amerikaanse rewolusionêre oorloë om die Spaanse kolonies aan te val en het verskeie oorwinnings behaal aan die kant van die Britte. Maar met die bereik van vrede in 1783 moes Brittanje beheer oor die kus afstaan. Die Britse onttrekking is voltooi teen die einde van Junie 1787. Ten spyte van die onttrekking het Brittanje 'n nie-amptelike protektoraat oor die koninkryk volgehou en het gereeld ingetree om die belange van die Miskito teen Spaanse inmenging te beskerm. Van die middel van die negentiende eeu en later het Britse belange in die gebied afgeneem.

Die staat het ophou bestaan in 1894 toe dit beset is deur Nicaragua. Dit is hervestig in Julie van daardie selfde jaar deur die Britte, maar Nicaragua het dit in Augustus herbeset.

Leiers

[wysig | wysig bron]
Vlag van die Miskito se nasie
Wapen van die Miskito se nasie
  • 1625–1687 – Oldman
  • 1687–1718 Jeremy I, koning van die Miskitonasie
  • 1718–1729 S.M. (Sy Majesteit) Jeremy II, koning van die Miskitonasie
  • 1729–1739 S.M. Peter I, koning van die Miskitonasie
  • 1739–1755 S.M. Edward I, koning van die Miskitonasie
  • 1755–1776 S.M. George I, koning van die Miskitonasie
  • 1776–1801 King George II Frederic, koning van die Miskitonasie
  • 1801–1824 S.M. George Frederic Augustus I, koning van die Miskitonasie
  • 1824–1842 S.M. Robert Charles Frederic, koning van die Miskitonasie
  • 1842–1865 S.M. George Augustus Frederic II, koning van die Miskitonasie
  • 1865–1879 S.E. (Sy Eksillensie) William Henry Clarence, Hereditary Chief of Miskito
  • 1879–1888 S.E. George William Albert Hendy, Hereditary Chief of Miskito
  • 1888–1889 S.E. Andrew Hendy, Hereditary Chief of Miskito
  • 1889–1890 S.E. Jonathan Charles Frederick, Hereditary Chief of Miskito
  • 1890–1908 S.E. Robert Henry Clarence, Hereditary Chief of Miskito
  • 1908–1928 Robert Frederick, Heir Apparent to the Miskito Kingdom and Hereditary Chief of the Miskito Nation
  • sedert 1978 Norton Cuthbert Clarence Heir Apparent to the Miskito Kingdom and Hereditary Chief of the Miskito Nation

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Miskito
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?