For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Lancashire.

Lancashire

Lancashire

Vlag

Wapen

Ligging in Engeland
Seremoniële graafskap Lancashire
Hoofstad Preston
Oppervlakte 3 079 km²
Bevolking 1 490 500 (2017)
Bevolkingsdigtheid 484 inw./km²
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap
Streek Lancashire
Administratiewe setel Preston
ISO 3166-2: GB-LAN
Oppervlakte 2 903 km²
Bevolking 1 201 900 (2017)
Bevolkingsdigtheid 413 inw./km²
Webtuiste www.lancashire.gov.uk
Distrikte en Unitêre owerhede
  1. Wes-Lancashire
  2. Chorley
  3. Suid-Ribble
  4. Fylde
  5. Preston
  6. Wyre
  7. Lancaster
  8. Ribble Valley
  9. Pendle
  10. Burnley
  11. Rossendale
  12. Hyndburn
  13. Blackpool (Unitêre owerheid)
  14. Blackburn met Darwen (Unitêre owerheid)

Lancashire (uitgespreek /ˈlæŋkəʃər/, soms ook /ˈlæŋkəʃɪər/) is 'n nie-metropolitaanse graafskap in die noordweste van Engeland. Die seremoniële graafskap het 'n bevolking van 1 490 500 wat van Lancashire die agtste grootste graafskap volgens bevolkingstal maak.

Sononder oor Blackpool-strand

Lancashire is een van Engeland se historiese graafskappe en genoem na die stad Lancaster. Soms word na die graafskap ook as County of Lancaster (Graafskap Lancaster) verwys. Die graafskapsraad van Lancashire het sy setel tans egter in Preston. Daarnaas word ook Royal Mail (die Koninklike Posdiens) se afkorting Lancs gebruik om na die graafskap te verwys. Die graafskap se bewoners word in Engels Lancastrians genoem.

Die geskiedenis van Lancashire strek terug tot sy stigting in die 12de eeu. In die Domesday Book van 1086 word sommige dele van die huidige graafskap by Yorkshire gereken. Die land wat Inter Ripam et Mersam of "tussen die Ribble- en Mersey-riviere" geleë was, het vir belastingdoeleindes deel uitgemaak van Cheshire. Toe die aanvanklike grense van die nuwe graafskap afgebaken was, het dit aan Cumberland, Westmorland, Yorkshire en Cheshire gegrens.

Lancashire het gedurende die nywerheidsomwenteling tot een van Engeland se vernaamste nywerheids- en handelsentrums ontwikkel. Enkele honderd tekstielmeule en myne is in die graafskap gevestig. In die 1830's is sowat 85 persent van alle katoen, wat wêreldwyd vervaardig is, in Lancashire verwerk.[1] Preston, Accrington, Blackburn, Bolton, Rochdale, Oldham, Chorley, Darwen, Nelson, Colne, Burnley en Wigan was in dié tyd belangrike sentrums van die katoenbedryf, terwyl Blackpool 'n gewilde toeristesentrum vir die werkersgesinne van Lancashire geword het.

As deel van administratiewe hervorming is Lancashire se grense in 1974 ingrypend verander nadat Liverpool en Manchester met hul onmiddellike omgewings deel van die metropolitaanse graafskappe Merseyside en Groter Manchester geword het, terwyl gebiede in die noordelike Lake District, waaronder die Furness-skiereiland en Cartmel, by Cumbria ingesluit is. Die huidige graafskap grens aan Cumbria, Groter Manchester, Merseyside en Noord- en Wes-Yorkshire. Die Hertogdom van Lancaster (Duchy of Lancaster) oefen die regte van die Kroon in die gebied uit wat as County Palatine of Lancaster bekend staan en die graafskappe Lancaster, Groter Manchester en Merseyside insluit.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Robert Gibb: Greater Manchester: A panorama of people and places in Manchester and its surrounding towns. Myriad 2005, bl. 13

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Lancashire
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?