For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Yorkshire.

Yorkshire

Yorkshire

Vlag

Wit Roos van York

Ligging in Engeland (1851)
Seremoniële graafskap Yorkshire
Hoofstad York
Oppervlakte 11 903 km2 (1991)
Bevolking 3 978 484 (1991)
Bevolkingsdigtheid 334,2 inw./km2 (1991)
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap
Streek Yorkshire
Administratiewe setel York
ISO 3166-2: GB-YKS
Oppervlakte 2 043,33 km2 (1991)
Bevolking 3 978 484 (1991)
Bevolkingsdigtheid 334,2 inw./km2 (1991)
Distrikte en Unitêre owerhede
  1. Noord
  2. Wes
  3. Oos
'n Landskapstoneel in die Yorkshire Dales, 'n yl bevolkte landskap van valleie noord van die Wharferivier. Die Skandinawiese leenwoord dale weerspieël die historiese Deense invloed

Yorkshire [ˈjɔrkʃər] is 'n historiese graafskap in die noorde van Engeland. Ten opsigte van sy oppervlakte is dit die grootste in die Verenigde Koninkryk,[1] en danksy stedelike agglomerasies soos Leeds, Sheffield en Bradford ook die mees bevolkte buite Groter Londen. Talle van sy funksies is gaandeweg deur sy administratiewe onderafdelings oorgeneem. Terwyl ook hierdie onderafdelings intussen deur administratiewe hervormings verander is, word Yorkshire steeds as 'n geografiese gebied en kulturele streek beskou. Sy naam word algemeen in die media en die militêre sfeer (Yorkshire Regiment) gebruik en leef daarnaas voort in die name van huidige administratiewe eenhede soos Noord-Yorkshire, Suid-Yorkshire, Wes-Yorkshire en Oos-Yorkshire (amptelik: East Riding of Yorkshire).

Binne die grense van die historiese graafskap Yorkshire is streke geleë wat by die groenste gebiede in Engeland gereken word, met uitgestrekte en ongerepte landskappe soos in die Yorkshire Dales en die North York Moors. Ook sommige van Yorkshire se groter nedersettings het 'n oop karakter danksy hul groen ruimtes.

Aan Yorkshire is byname soos God's Own Country gegee. Die graafskap se embleem is die wit roos van die Engelse koninklike Huis van York, terwyl die gebruiklikste vlag die Wit Roos teen 'n donkerblou agtergrond toon. Dit is op 29 Julie 2008 deur die Britse Flag Institute amptelik erken. Yorkshire se kulturele erfenis, wat van sy lang geskiedenis tot sy eie plaaslike dialek en aksent strek, word jaarliks op 1 Augustus op Yorkshire Day gevier.

Toponimie

[wysig | wysig bron]

Die naam Yorkshire verwys na die feit dat die graafskap oorspronklik die administratiewe gebied of shire van York, sy historiese hoofstad, was. York het sy naam aan die Wikings te danke wat die stad Jórvík genoem het. Shire is afgelei van die Oud-Engelse term scir en verwys na 'n geografiese of administratiewe onderafdeling. Plaaslik word dié agtervoegsel uitgespreek as [-ʃə] of soms ook [-ʃiə/].

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. G. Gibbons, Yorkshire: Britain's Largest County (London: Geographica Ltd., 1969).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Boekbesprekings
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Yorkshire
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?