For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Planktonkrefie.

Planktonkrefie

Planktonkrefies
Meganyctiphanes norvegica
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Superorde:
Eucarida
Orde:
Euphausiacea

Dana, 1852
Families en genera
  • Euphausiidae
    • Euphausia Dana, 1852
    • Meganyctiphanes Holt and W. M. Tattersall, 1905
    • Nematobrachion Calman, 1905
    • Nematoscelis G. O. Sars, 1883
    • Nyctiphanes G. O. Sars, 1883
    • Pseudeuphausia Hansen, 1910
    • Stylocheiron G. O. Sars, 1883
    • Tessarabrachion Hansen, 1911
    • Thysanoessa Brandt, 1851
    • Thysanopod] Latreille, 1831
  • Bentheuphausiidae
    • Bentheuphausia amblyops G. O. Sars, 1883

Planktonkrefies is garnaalagtige, ongewerwelde seediere. Hierdie klein skaaldiertjies is deel van die soöplankton en is belangrike organismes,[1] veral as voedsel vir baardwalvisse, mantas, walvishaaie, seehonde en sommige seevoëlspesies wat se dieet uitsluitlik uit planktonkrefies bestaan.

Planktonkrefies kom in al die wêreld se oseane voor. Hulle word as 'n sleutelspesie naby aan die onderkant van die voedselketting beskou: hulle vreet fitoplankton (plantaardige plankton) en soms ook ander soöplankton, waardeur hulle dit omsit na 'n gepaste vorm sodat dit deur ander, groter diere, wat se dieet hoofsaaklik uit planktonkrefies bestaan, verteer kan word. In die Suidelike Oseaan vorm een spesie, die Antarktiese planktonkrefie (Euphausia superba) 'n beraamde biomassa van meer as 500 miljoen ton - omtrent twee keer soveel as die mens. Meer as die helfte hiervan word jaarliks deur walvisse, seehonde, pikkewyne, inkvisse en visse gevreet en word vervang deur voortplanting en groei. Meeste planktonkrefiespesies vertoon 'n daaglikse vertikale migrasie: snags word hulle deur diere naby aan die oppervlak gevreet en bedags trek hulle na dieper waters.

Planktonkrefies word ook vir kommersiële doeleindes gevang in die Suidelike Oseaan en die kusgebiede van Japan. Die totale wêreldwye vangs beloop jaarliks 150 000 – 200 000 ton; die meeste hiervan is van die Scotiasee naby Antarktika afkomstig. Die diertjies word gebruik as voedsel in waterboerdery en akwariums; as aas in visvangs en in die farmaseutiese nywerheid. In Japan en Rusland word planktonkrefies ook deur mense genuttig .

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Encarta Reference Library Premium 2005. Article — Krill.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Planktonkrefie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?