For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Klassieke element.

Klassieke element

Die makrokosmos met die elementêre sfere aarde, water, lug en vuur (Robert Fludd, 1617).

Die term klassieke elemente verwys gewoonlik na die begrippe in antieke Griekeland van aarde, water, lug, vuur en ’n vyfde element, eter, wat veronderstel was om die aard en kompleksiteit van alle materie te verduidelik in terme van eenvoudiger stowwe.[1][2] Antieke kulture in Egipte, Babilonië, Japan, Tibet en Indië het soortgelyke lyste gehad. Soms is na lug in die plaaslike taal as "wind" en na die vyfde element as "leemte" verwys. In China se Wu Xing-stelsel is hout, vuur, aarde, metaal en water genoem.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Verskillende kulture en selfs filosowe het verskillende verduidelikings gehad oor die elemente se eienskappe en hoe hulle verband hou met waarneembare verskynsels en kosmologie. Soms het hierdie teorieë oorvleuel met mitologie en is die elemente as gode verpersoonlik.

Terwyl die klassifikasie van die materiële wêreld deur die antieke Indiërs en Grieke in lug, aarde, vuur en water meer filosofies van aard was, het wetenskaplikes in die Islamitiese goue tydperk praktiese, eksperimentele waarnemings gebruik om materiale te klassifiseer.[3] In Europa het die antieke Griekse stelsel van Aristoteles ontwikkel in die Middeleeuse stelsel, wat in die 1600's tydens die Wetenskaplike Revolusie vir die eerste keer in Europa onderwerp is aan eksperimentele stawing.

Eeue se ervaring en ondersoeke het bewys dat al die antieke stelsels verkeerd was in die verduidelik van die fisiese wêreld. Dit is nou bekend dat atoommodelle die regte verduideliking is en dat atome geklassifiseer kan word in meer as honderd chemiese elemente soos suurstof, yster en kwik. Hierdie elemente vorm chemiese verbindings en mengsels, en onder verskillende temperature en druk kan hierdie stowwe verskillende toestande van materie aanneem. Die mees algemeen waargenome toestande van vastestof, vloeistof, gas en plasma het baie van die eienskappe van die klassieke elemente van onderskeidelik aarde, water, lug en vuur, maar dit is nou bekend dat hierdie toestande voorkom vanweë die soortgelyke gedrag van verskillende soorte atome by soortgelyke energievlakke, en nie omdat hulle ’n sekere soort atoom of stof bevat nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Boyd, T.J.M.; Sanderson, J.J. (2003). The Physics of Plasmas. Cambridge University Press. p. 1. ISBN 9780521459129. LCCN 2002024654.
  2. Ball, P. (2004). The Elements: A Very Short Introduction. Very Short Introductions. OUP Oxford. p. 33. ISBN 9780191578250.
  3. Science and Islam, Jim Al-Khalili. BBC, 2009

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Klassieke element
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?