For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Kikimora.

Kikimora

Illustrasie uit 1934 deur Iwan Bilibin.

’n Kikimora (Russies: кики́мора) is ’n vroulike huisgees in die Slawiese folklore. Wanneer sy in ’n huis woon, bly sy agter die stoof of in die kelder. Die Oxford English Dictionary verbind die woord "mora" met die Engelse woorddeel mare in nightmare.[1]

Daar is twee verskillende soorte kikimoras. Die een van die woud is getroud met die domowoi. Die ander een kom uit die moeras (кики́мора боло́тная) en is getroud met die lesji. Jy kan haar teenwoordigheid sien aan haar nat voetspore. Wanneer die bouers van ’n huis iets kwaadwilligs wil doen aan die mense wat die huis koop, sal hulle ’n kikimora inbring. As sy eers in die huis is, is dit moeilik om van haar ontslae te raak.

As die huishouding reg verloop, sal die kikimora vir die kuikens en die huiswerk sorg. Indien nie, sal sy fluit, goed breek en snags ’n lawaai maak. Sy kom ook snags uit om te weef.[2]

Die mite is die basis vir Kikimora (op. 63), ’n simfoniese gedig deur Anatoli Ljadof. Hy het geskryf dat sy saam met ’n towenaar in die berge grootword. Van sonsopkoms tot sonsondergang vermaak die towenaar se kat haar met verhale uit die antieke tyd oor verafgeleë plekke terwyl Kikimora in ’n wieg van kristal wieg.[3]

Die kikimora word ook deur die skrywer Wladimir Megre genoem. Hy vergelyk ’n man wat dom trou met een wat met ’n kikimora trou. ’n Voetnoot in die Engelse weergawe beskryf ’n kikimora as ’n bose vroulike gees wat die inwoners, veral die mans, steur. Dit veronderstel ook ’n lelike vrou met slordige klere wat nors is en brom en die lewe van haar man (en mans in die algemeen) ondraaglik maak.[4]

’n Genus van die Linyphiidae-familie spinnekoppe wat in 1988 deur Kirill Eskof ontdek is, word Kikimora palustris genoem.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Mare" (in Engels). OED. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 22 April 2012.
  2. "Polish Supernatural Spirits". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2009. Besoek op 5 November 2013.
  3. Glass, Herbert. "Anatoly Liadov: Kikimora". Philpedia. Los Angeles Filharmoniese Orkes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2014. Besoek op 28 Desember 2011.
  4. Megré, Wladimir; Sjarasjkin, dr. Leonid (red.) (2008). The Space of Love (The Ringing Cedars, Book 3). Kahului, Hawaii: Ringing Cedars Press. p. 156. ISBN 0-9801812-2-4. OCLC 224907446.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Kikimora
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?