For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Die Zori.

Die Zori

In die Slawiese mitologie is die Zori (ook die Zorjas, Zarja, Zwezda) die drie (soms twee) bewaker-godinne bekend as die Auroras. Hulle bewaak die oordeelsdaghonde wat dreig om die sterrebeeld Ursa Minor, die "Klein Beer", te eet. As hulle uit hul kettings losbreek en die sterrebeeld eet, sal die heelal tot ’n einde kom.

Die Auroras bestaan uit die Môrester, Aandster en Middernagster, hoewel laasgenoemde soms uitgelaat word. In sommige verhale is die Môrester die vrou van Mjesjats, die Maangod, en is sy ook ’n belangrike godin. In ander mites is die Zori maagde. Hulle word verbind met huwelike, beskerming en duiweluitdrywing.

Die Môrester is Zorja Oetrennjaja (ook Zwezda Danica, Zvezda Dennitsa, Zwezda Dnieca, Zvezda Zornitsa, Zorja). Sy maak soggens die hemelpoorte oop vir die strydwa van die Son. Sy is ten volle gewapen en ’n dapper vegter. Sy is die beskermgodin van perde en word verbind met die planeet Venus.

Die Aandster is Zorja Wetsjernjaja (ook Vecernja Zvezda, Zvezda Vechernaya, Zwezda Wieczoniaia, Zwezda Wieczernica, Zvezda Vechernitsa, Zarja). Sy maak die hemelpoorte saans toe nadat die Son tuis gekom het.

Die Middernagster is Zorja Poloenotsjnaja (ook Zwezda Polnoca). Sy is in sommige mites afwesig. Die Son sterf elke nag in haar arms en word dan weer opgewek. Sy is ’n godin van die dood, hergeboorte, towerkrag, die bonatuurlike en wysheid.

In moderne kultuur

[wysig | wysig bron]
  • In die roman American Gods deur Neil Gaiman kom die drie Zori voor onder die gode.
  • Zorya is ook die hoofkarakter in ’n reeks Franse grafiese romans, L'Épée de Cristal, geskryf deur Goupil en geteken deur Crisse. (Uitgegee deur Éditions Vents d'Ouest.)
  • Zvezda Dennitsa is die naam van ’n karakter in Marvel Comics. Sy is lid van die Russiese span Bogatiri.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Die Zori
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?