For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Harslag.

Harslag

Disse wat van afval gemaak is.
Afval te koop op 'n mark in Istanboel.

Die harslag is die ingewande wat in die borsholte van die geslagte dier voorkom. Dit sluit in die hart, milt, longe, slukderm en gorrel en soms ook die lewer. Die Afrikanercuisine ken baie geregte waarby harslag die vernaamste bestanddeel is. Gewoonlik word na sulke geregte verwys as afval. Deesdae word onder afval egter veral enige gereg met pens en pootjies verstaan.

Herkoms van die woord

[wysig | wysig bron]

Vir die etimologie van harslag verwys die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (2003) na sy Nederlandse herkoms; daar bestaan hartslag wat 'die borsingewande' sowel as 'die klop van die hart' beteken. In Afrikaans het die woord hom volksetimologies gedifferensieer tot harslag (die ingewande) en as hartslag (die klop van die hart).

Gebruike

[wysig | wysig bron]

Aangesien harslag soms taai kan wees hak of maal mense dit voordat dit in 'n gereg verwerk word. Varkhaksel en skaaphaksel is van die tipes geregte wat berei word. Dit sluit, byvoorbeeld, in:

  • Boerehaksel – gehakte lewer, hart en niertjies met wortel, ui, neutmuskaat, naeltjies en beespotegelatien (sien ook by afval)
  • Haksel in netvet – gemaalde lewer, hart en niertjies met naeltjies, kaneel, gemmer, suiker, sout en peper toegewikkel in netvet ('n met-vetweefsel-deuraarde vlies van die pens)
  • Skilpadjies van skaapafval – gemaalde skaaplewer, skaaplonge en skaapniertjies met ui, koljander, sout en peper, toegevou in netvet en bedek met vetderm.

Buite Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

In Oos-Nederland ken 'n mens die sogehete pungel of zwoerdmaag: 'n met hart, swoerd en worsvleis opgestopte varkpens wat toegestik en opgehang word om te laat droog.

In Karintië (Suid-Oostenryk) bestaan die Maischale of Maischerl: in netvet gebakte klompies van gemaalde varkhart, varklonge, maer varkvleis, gemeng met gekookte gort, knoffel, sout, peper, tiemie, marjolein, basilikum en 'n bietjie vleissop.

In die Angelsaksiese wêreld is pluck die eweknie van harslag; die heel bekendste harslaggereg ter wêreld is die Skotse haggis: in 'n skaappens gebakte gehakte skaaphart, skaaplonge, skaaplewer, skaapniere met hul niervet (suet), met aartappels, gort, vleissop en ui.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • J.P. Stam-Dresselhuys en J.C. Wessels-Nijenhuis, Streekrecepten. L.J. Veen's Uitgeversmaatschappij N.V.; Amsterdam, 1966
  • G.J. van Wyk, Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Die Buro van die WAT; Stellenbosch, 2003
  • Dine van Zyl, Afval en Afvalligheidjies. Saayman en Weber; Kaapstad, 1983
  • Rosa Walder, Kärntner Spezialitäten. Fleischmann & Mair GmbH; Innsbruck-Rum, 1993
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Harslag
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 ๐ŸŽ‰! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?