For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Haaie.

Haaie

Vir die Haaie-rugbyspan, sien Natalse Haaie

Haai
Tydperk: Siluur—Onlangs
Grys rifhaai
Grysrifhaai (Carcharhinus amblyrhynchos)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Superorde:
Selachimorpha
Ordes

Carcharhiniformes
Heterodontiformes
Hexanchiformes
Lamniformes
Orectolobiformes
Pristiophoriformes
Squaliformes
Squatiniformes

Die haaie is 'n groep seevisse wat gekenmerk word deur 'n kraakbeenagtige skelet, vyf tot sewe kieusplete weerskante van die kop en borsvinne wat nie aan die kop versmelt is nie.

Moderne haaie word in die klade Selachimorpha (of Selachii) geklassifiseer en is verwant aan die groep van rôe (Batoidea), wat wel varswaterspesies insluit. Die benaming "haai" word egter ook gebruik vir uitgestorwe lede van die subklas Elasmobranchii buite die Selachimorpha, soos die Cladoselache en Xenacanthus genera. Volgens hierdie breër definisie word die eerste bekende haaie na meer as 420 miljoen jaar gelede dateer.[1]

Sedertdien het die haaie in meer as 470 spesies gediversifiseer. Hulle wissel in grootte van die klein dwerglanternhaai (Etmopterus perryi), 'n diepseespesie van net 18 sentimeter (7 duim) in lengte tot die walvishaai (Rhincodon typus), die grootste vis ter wêreld, wat ongeveer 12 meter bereik (39 voet). Haaie word in al die oseane aangetref en is algemeen tot 'n diepte van 2 000 meter (6 600 voet). Hulle kom oor die algemeen nie in varswater voor nie, maar daar is 'n paar bekende uitsonderings, soos die Zambezihaai en die rivierhaai, wat beide in seewater en varswater kan oorleef.[2]

'n Fossielversameling haaitande

Hulle bekom suurstof deur 5-7 kieusplete elk weerskante net agter die kop. Haaie het verder 'n bedekking van dermale dentikels wat hul vel teen skade en parasiete beskerm, wat ook bykomend hul vloeidinamika deur die water verbeter. Hulle het veelvuldige stelle van vervangbare tande.[3]

Bekende spesies soos die witdoodshaai, tierhaai, blouhaai, kortvin-mako en die hamerkophaai is uiters suksesvolle roofvisse - organismes op die kruin van hul voedselketting in die water.

Baie haaibevolkings word bedreig deur menslike aktiwiteite.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Martin, R. Aidan. "Geologic Time" (in Engels). ReefQuest. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 9 September 2006.
  2. (en) Allen, Thomas (1999). The Shark Almanac. New York: The Lyons Press. ISBN 1-55821-582-4. OCLC 39627633.
  3. (en) Budker, Paul (1971). The Life of Sharks. London: Weidenfeld and Nicolson. SBN 297003070.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Haaie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?