For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Gemini 4.

Gemini 4

Ed White buite Gemini 4

Gemini 4 (amptelik Gemini IV)[1] was die tweede bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program gedurende 1965. Dit was die tiende bemande Amerikaanse ruimtevlug (insluitend twee vlugte van die X-15); dit is almal vlugte hoër as 100 km d.w.s. hoër as die Kármán-lyn.

Die ruimtevaarders James McDivitt en Ed White het in vier dae 66 keer om die aarde gewentel. Dit is ook die naaste wat 'n Amerikaanse ruimtevlug aan die Russiese Vostok 5 se vyf dae in die ruimte kom. Die hoogtepunt van die sending was die eerste ruimtewandeling deur 'n Amerikaner. Ed White het vir ongeveer twintig minute buite die tuig gesweef, alhoewel hy steeds met 'n lewenskoord aan die tuig verbind was.

Die vlug was ook die eerste waar daar gepoog is om met 'n ander ruimtetuig te dok, McDivitt het probeer om sy tuig tot naby die Titan II GLV (tweede stadium wat dit die ruimte in gestuur het) te bring maar was nie suksesvol nie.

Dit was ook die eerste Amerikaanse vlug waar daar wetenskaplike eksperimente in die ruimte gedoen is, insluitend die gebruik van 'n sekstant om navigasie met behulp van die sterre se posisie te doen, ter voorbereiding vir die Apollo-program.

Bemanning

[wysig | wysig bron]
Posisie Ruimteman
Bevelvoerder James McDivitt
Eerste ruimtevlug
Vlieënier Ed White
Enigste ruimtevlug

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hacker, Barton C.; Grimwood, James M. (September 1974). "Chapter 11 Pillars of Confidence". On the Shoulders of Titans: A History of Project Gemini. NASA History Series. Vol. SP-4203. NASA. p. 239. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2010. Besoek op 13 Junie 2022. Vanaf Gemini IV, het NASA Romeinse syfers begin gebruik om die Gemini sendingname aan te dui.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Gemini 4
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?