Ekonomiese streek Wolga-Wjatka
Die ekonomiese streek Wolga-Wjatka (Russies: Во́лго-Вя́тский экономи́ческий райо́н, Wolgo-Wjatski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Die middelpunt van die ekonomie is masjienbou, met motor-, skeepsbou-, lugvaart-, elektroniese en gereedskapsnywerhede. Die grootste stede is Nizjni Nowgorod, Kirof, Tsjeboksari, Saransk en Josjkar-Ola.
Die streek is 265 400 km2 groot en dus min of meer so groot soos die Verenigde Koninkryk. Die bevolking is net minder as 8 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 70 persent van die mense woon in die stede en die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 30/km2.
Deelgebiede
[wysig | wysig bron]Die volgende deelgebiede val in die streek:
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Republieke (21) | |
---|---|
Krais (9) | |
Oblaste (46) |
|
Outonome oblast (1) | |
Outonome okroegs (4) | |
Federale stede (2) | |
Onerken1 (6) | |
|
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.