For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Eerste Geneefse Konvensie.

Eerste Geneefse Konvensie

'n Faksimilee van die oorspronklike handtekening-en-seëlbladsy van die Eerste Geneefse Konvensie, wat menswaardige reëls van oorlog vasgestel het.
Die teken van die Eerste Geneefse Konvensie deur van die groot Europese magte in 1864.

Die Eerste Geneefse Konvensie het die behandeling van ongevalle op die slagveld gedek. Dit is in 1864 aanvaar as deel van die stigting van die Rooi Kruis.

Die konvensie is geïnspireer deur die ervarings van 'n Switserse besigheidsman, Henri Dunant, wat die lyding van 40 000 gewonde soldate aanskou het tydens 'n bloedige konflik tussen Franse-Piedmontese en Oostenrykse leërs naby die noordelike Italiaanse dorp, Solferino. Daar was geen fasiliteite, personeel of reëlings vir 'n wapenstilstand in plek om die gewondes van die slagveld af te dra om mediese behandeling te ontvang nie.[1] Hulle is tipies daar gelaat om aan hulle wonde of van die dors te beswyk.

Henry Dunant, medestigter van die Rooikruis.

Dunant het die dorpenaars daar naby aangespoor om sover as wat hulle kon hulp te verskaf en daarop aangedring dat hulle onpartydig optree. Hy het later met sy terugkeer na Geneva 'n boek geskryf genaamd 'n Herinnering aan Solferino, wat die gruwels beskryf wat hy aanskou het en daarin 'n beroep gedoen dat 'n burgerlike vrywilligerskorps op die been gebring word om na die gewondes op slagvelde om te sien.[2] Hy het saam met die Sweedse prokureur Gustave Moynier, in 1863 die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (IKRK) gestig.[3][4]

Die organisasie het erken dat alhoewel dit primêr die plig en verantwoordelikheid van 'n nasie is om vir die gesondheid en welstand van sy eie burgers te sorg, daar altyd 'n nood, veral in tye van oorlogvoering, sou wees vir vrywilligersagentskappe om die amptelike agentskappe waarop die verantwoordelikheid rus, te ondersteun.[5] Om te verseker dat die IKRK se missie wyd aanvaar sou word, is die nodigheid besef om 'n stel reëls te hê wat die aktiwiteite van die organisasie en dié van die betrokke strydlustige partye bestuur.

In 1863 het die Geneefse Gemeenskap vir Openbare Welsyn die saak opgeneem en 'n komitee van vyf tot stand gebring wat later bekend sou staan as die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis. Op 22 Augustus 1864 het hierdie komitee die verteenwoordigers van 16 Europese state byeengeroep om die Eerste Geneefse Konvensie te sluit. Die verdrag het hom ten doel gestel om lewens te red, om die lyding van gewonde of siek militêre personeel te verlig en om burgerlikes ten tye van hulpverlening te beskerm. Die konferensie het ook die rooi kruis op 'n wit agtergrond (omgekeerd van die Switserse vlag) as die beskermende embleem van diegene wat die gewondes bedien, ingestel.

Die Eerste Geneefse Konvensie staan as die Konvensie vir die verbetering van die toestand van die gewondes in leërs ter velde, 1864, bekend.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Bennettx
  2. See Dunant, Henri (1862), Un Souvenir de Solferino (1 ed.), Geneve: Jules Fick, https://archive.org/stream/unsouvenirdesol00dunagoog#page/n7/mode/2up 
  3. Sperry, C.S. (1906), "The Revision of the Geneva Convention, 1906", Proceedings of the American Political Science Association 3: 33–57, doi:10.2307/3038537 
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IRRC
  5. Anderson, Chandler P. (1920), "The International Red Cross Organization", The American Journal of International Law 14 (1): 210–214, doi:10.2307/2187844 

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • Tweede Geneefse Konvensie van 1906 wat die eerste uitgebrei het om oorlogvoering ter see te dek.
  • Derde Geneefse Konvensie van 1929 oor die behandeling van krygsgevangenes.
  • Vierde Geneefse Konvensie van 1949 oor die behandeling van burgerlikes ten tye van oorlog.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Eerste Geneefse Konvensie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?