For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Wapenstilstand.

Wapenstilstand

Ondertekening van die wapenstilstand wat uiteindelik tot die einde van die Eerste Wêreldoorlog gelei het.

'n Wapenstilstand of skietstilstand is 'n formele ooreenkoms tussen strydende partye om gevegte te staak. Dit beteken nie noodwendig die einde van 'n oorlog nie, maar kan slegs 'n tydelike staking van vyandelikhede wees. 'n Wapenstilstand word gewoonlik uitgeroep terwyl 'n poging aangewend word om blywende vrede te onderhandel. Dit word ook soms uitgeroep om partye toe te laat om gesneuweldes te begrawe of om 'n gemeenskaplike vakansiedag, soos Kersfees in vrede te kan geniet.

In sommige gevalle kan 'n wapenstilstand vir 'n onbepaalde tyd voortduur. 'n Voorbeeld hiervan is die Arabies-Israeliese Oorlog van 1948 wat tot 'n langdurige wapenstilstand tussen enersyds Israel, en andersyds Egipte, Jordanië, Sirië en Libanon gelei het. Israel sluit later vredesverdrae met Egipte en Jordanië, maar tot hede is daar nie 'n skikking met Sirië en Libanon bereik nie. Nog 'n voorbeeld is die Korea-oorlog, wat op 27 Julie 1953 met 'n skietstilstand beëindig is. Die oorlog duur egter amptelik tot vandag toe voort.[1]

Een van die bekendste wapenstilstande is die verdrag wat op 11 November 1918 met Duitsland gesluit is. Die verdrag is naby Compiègne in Frankryk onderteken en het 'n einde van die Eerste Wêreldoorlog gebring. Die dag word in Frankryk en ander Europese lande as wapenstilstanddag gevier.[2]

Dit gebeur ook soms dat 'n wapenstilstand aangekondig en dan verbreek word. Die doel hieragter is dikwels om die vyand onverhoeds te betrap en so 'n taktiese oorwinning te behaal.

In moderne konflikte sal die Verenigde Nasies dikwels op 'n wapenstilstand tussen strydende partye aandring. So 'n wapenstilstand word altyd tussen die betrokke lande self onderhandel, omdat dit as meer bindend as 'n VN-resolusie beskou word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Text of the Korean War Armistice Agreement" (in Engels). FindLaw. 27 Julie 1953. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2018. Besoek op 4 Januarie 2007.
  2. "The Armistice". The War to End All Wars (in Engels). FirstWorldWar.com. 1 Mei 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 4 Januarie 2007.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Wapenstilstand
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?