For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Dassiesklip (windplaas).

Dassiesklip (windplaas)

Dassiesklip se windturbines
Dassiesklip (windplaas) is in Suid-Afrika
Dassiesklip
Dassiesklip
Ligging van die Dassiesklip-windplaas

Dassiesklip, of Klipheuwel-Dassiefontein-windenergie-aanleg, ook soms geskryf Klipheuvel, is 'n windplaas 5 kilometer wes van Caledon, neffens die N2-nasionale pad, wat sedert 18 Februarie 2014 in bedryf is.

Die windplaas is ontwikkel deur die maatskappy BioTherm Energy.

Op hierdie windplaas is daar nege reuse windturbines in werking. Die aanbou het in April 2013 begin. Die windturbines is op 5 Augustus 2013 padlangs vervoer vanaf die Transnet-ertshawe in Saldanha na die windplaas 5 kilometer buite Caledon. Die komponente van nege turbines sou oor 'n tydperk van 8 tot 10 weke vervoer word. Die eerste windlaaier is in Oktober dieselfde jaar opgerig. Dit het drie tot vier dae geneem om 'n turbine staan te maak. In Desember 2013 was die windplaas in die bedryfsfase en teen Januarie 2014 het die plaas amptelik begin krag opwek. Gedurende 2014 is gesamentlik reeds meer as 80 gigawattuur opgewek, wat ook die eerste paar maande van 2014 insluit wanneer die opwekking gewoonlik laer is weens baie toetswerk. Die windplaas kan krag aan sowat 5 000 huise verskaf.

Die windlaaiers is 90 m hoog, met drie blaaie wat elk 50 m lank is en sowat 500 ton weeg. Elke windlaaier kan tot 3 MW lewer en die aanleg altesaam 27 MW. Meer as 200 tydelike werksgeleenthede is tydens die aanboufase geskep, waarvan 15 nou permanent is. Die projek beslaan 350 hektaar grond en die verwagte lewensduur is ongeveer 20 jaar.

Die betrokke windplaas se windturbines begin reeds krag opwek by lae windsterktes van 12 km/h. Die windsterkte wissel egter oor die plaas heen, met die gevolg dat nie elke windturbine gelyktydig teen 'n lae windspoed draai nie. Die turbines beweeg en skep elektrisiteit optimaal teen windspoed van omtrent 46 km/h. Sodra die windsterkte 90 km/h oorskry, skakel die windturbines om veiligheidsredes hulself af. Die sterkste winde is in 2014 aangeteken gedurende Oktober tot Desember.

Oor die algemeen word die ligging as gunstig beskou – nie alleen weens die goeie windprofiel nie, maar ook die positiewe terugvoer van die onmiddellike gemeenskap. Geen nuwe planne is ter tafel gelê om nog 'n windplaas in die nabye omgewing op te rig voordat die Botrivier-Caledon-66 kV-kraglyn deur Eskom opgegradeer is nie.

Die grootste deel van die finansiering word deur kommersiële Suid-Afrikaanse banke gedoen. Hierdie finansieringstydperk sal moontlik oor 10 jaar strek terwyl die kapitaal deur die projek self teruggeploeg word – dit behels egter slegs die skuldgedeelte.

Ondertussen is ook 'n gemeenskapstrust en ander klein projekte in die Caledon-omgewing op die been gebring. By die eerste projek is toerusting aan Caledon se primêre gesondheidsorgkliniek voorsien en by die tweede die infrastruktuuropgradering by die Tafelronde Herberg-ouetehuis.

By die omgewingsevaluering word voël- en vlermuismonitering gedoen. Kwartaalliks word verskillende soorte spesies aangeteken, asook hul hoeveelhede en aktiwiteit, sodat 'n profiel vir die betrokke omgewing opgetrek kan word. Daagliks deursoek die omgewingswerkers die windplaas vir voël- en vlermuiskarkasse. Geen noemenswaardige voël- en vlermuisvrektes is nog aangemeld nie. Verder word berig dat "dit lyk asof die bloukraanvoëls nie deur die turbines beïnvloed word nie."

Bronne

34°13′46.6″S 19°23′3.8″O / 34.229611°S 19.384389°O / -34.229611; 19.384389

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Dassiesklip (windplaas)
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?