For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Transnet.

Transnet

Transnet SOC Ltd.
Tipe Staatsmaatskappy
Gestig 1 April 1990
Hoofkantoor Johannesburg, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneP Molefe (Raadsvoorsitter) [1]
M. Mahomedy (wnd. HUB)
Gebied bedienSuid-Afrika
IndustrieSpoorvervoer, hawebestuur, logistiek, pyplynbestuur
ProdukteVraglogistiek
Inkomste~R38 miljard (2010)
Werknemers49 078
Webwerftransnet.net

Transnet is 'n groot staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat vir spoorvervoer, hawens en pyplyne verantwoordelik is. Hulle hoofkantoor is in die Carlton-sentrum in Johannesburg gesetel.[2] Transnet is op 1 April 1990 as 'n beperkte maatskappy gestig. Die meerderheid van die maatskappy se aandele word deur die Departement van Openbare Ondernemings besit. Die maatskappy is gestig nadat sake-eenhede en bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H), asook ander bedrywighede en produkte geherstruktureer is.

Geskiedenis

Spoorlyne is in die 1850's in die omgewing van Kaapstad en later in Durban ontwikkel. Die eerste spoorlyn in Durban is op 27 Junie 1860 oopgestel. Die aanvanklike netwerk is geskep om landbouprodukte tussen Kaapstad en Wellington te vervoer. Die nuus dat daar goud in die Transvaalse Republiek was, het die regering van die Kaapkolonie (met ondersteuning van die Britse regering) genoop om Kimberley met Kaapstad per spoor te verbind as deel van hulle koloniale droom.[3]

Na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika is die spoorweë van die vier voormalige kolonies mettertyd saamgevoeg. In 1916 is hulle onder 'n enkele staatsbeheerde spoorstelsel verenig met die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens.[4] Later, met die ontwikkeling van kommersiële vliegtuie, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens ook 'n deel van hierdie massiewe stelsel van land-, see- en lugvervoer geword.

Op 31 Mei 1961 is die Unie ontbind en het die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Teen 1981 het die regering besluit om die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens langs besigheidslyne te struktureer en vir privatisering voor te berei. In April 1981 het die land se spoorweë, hawens, padvervoer, lugvaart en pyplyne as die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (SAVD) bekend geword. Teen die tyd was die onderneming in eenhede en afdelings met 'n sterk klem op plaaslike bestuur gestruktureer.[5]

Met die goedkeuring van die Wet op die Regsopvolging van die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste van 1989 is die weg gebaan om die SAVD van 'n regeringsdepartement na 'n openbare maatskappy om te skakel.[6] Op 1 April 1990, na 80 jaar van regerings- en parlementêre beheer, is die SAVD se naam na Transnet Beperk verander met Spoornet, Portnet, Autonet en Petronet as komponente. Voorstedelike dienste is oorgedra aan die Suid-Afrikaanse Spoorpendelkorporasie, wat onder die vaandel van Metrorail in vyf stedelike gebiede treindienste verskaf het. Die staat is die enigste aandeelhouer.

Op 21 Oktober 2018, is dit bevestig dat Transnet se HUB Siyabonga Gama afgedank is. [7]

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "NEW TRANSNET BOARD". Railways Africa. Besoek op 20 April 2014.
  2. "Contact Us Geargiveer 2 September 2010 op Wayback Machine." Transnet. Besoek op 14 Januarie 2011. "Transnet Limited Head Office Physical Address Carlton Centre 150 Commissioner Street Johannesburg 2001."
  3. "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 Desember 2009. Besoek op 22 Augustus 2014.
  4. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 22 Augustus 2014.
  5. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 22 Augustus 2014.
  6. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2012. Besoek op 22 Augustus 2014.
  7. (af) maroelamedia.co.za: Transnet hoof afgedank

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Transnet
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?