For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Bronstydperk.

Bronstydperk

’n Kraalhalssnoer uit die Bronstydperk (Muséum de Toulouse).

Die Bronstydperk is 'n tydperk in die geskiedenis wat daardeur gekenmerk word dat die mens met koper- en bronswerktuie begin werk het, eerder as met klipwerktuie. Beskawings het begin vorm, mense het in stede begin saamwoon en skrif het as kommunikasiemiddel begin ontwikkel. Dit is die tweede van die drie tydperke waarin die vroeë geskiedenis van die mens ingedeel is; dit val tussen die Steen- en Ystertydperk.

’n Antieke beskawing word as deel van die Bronstydperk beskou as hulle óf self brons vervaardig het deur koper te smelt en met tin, arseen of ander metale te meng óf as hulle met bronsvervaardigende beskawings handel gedryf het om bronsvoorwerpe te kry. Brons is harder en duursamer as ander metale wat in dié tyd beskikbaar was, en dit het beskawings van die Bronstydperk ’n tegnologiese voorsprong gegee.

Hoewel aardyster algemeen voorkom, het die hoë smeltpunt daarvan, 1 538 °C, dit buite die bereik geplaas van algemene gebruik tot die einde van die tweede millennium v.C. Vanweë tin se lae smeltpunt van 231,9 °C en koper se relatief gemiddelde smeltpunt van 1 085 °C kon die mense van die Neolitikum daarmee werk – die droogoonde van omstreeks 6000 v.C. kon tot temperature van meer as 900 °C verhit word.[1]

Hoewel die Ystertydperk gewoonlik op die Bronstydperk gevolg het, het die Ystertydperk in sommige gebiede, soos Afrika suid van die Sahara, so vroeg as 2500 v.C. begin.[2]

Kulture van die Bronstydperk het skrif op verskillende maniere ontwikkel. Volgens argeologiese bewyse het kulture in Mesopotamië (wigskrif) en Egipte (hiërogliewe) die vroegste praktiese skryfstelsels ontwikkel.

Groot beskawings van die Bronstydperk

  • Sumeries 3400 v.C.
  • Egipties 3050 - 322 v.C.
  • Minoïes 2500 - 1400 v.C.
  • Indus 2600 - 2000 v.C.
  • Hetities 1750 - 1200 v.C.
  • Babilonies 1782 - 1595 v.C.
  • Shang-Chinees 1600 - 1027 v.C.
  • Miceens 1500 - 1300 v.C.
  • Zhou-Chinees 1027 - 256 v.C.
  • Fenisies 1000 - 574 v.C.
  • Olmek 1000 - 600 v.C.
  • Chavin 1000 - 200 v.C.
  • Etruskies 900 - 100 v.C.
  • Assiries 883 - 612 v.C.

Verwysings

  1. James E. McClellan III; Harold Dorn (2006). Science and Technology in World History: An Introduction. JHU Press. ISBN 978-0-8018-8360-6. p. 21.
  2. Iron In Africa: Revising The History : Unesco. Portal.unesco.org. Besoek op 28 Julie 2013.

Skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Bronstydperk
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?