For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Beloselski-Belozerski-paleis.

Beloselski-Belozerski-paleis

Die Beloselski-Belozerski-paleis gesien vanaf die Nefski-prospekt.
Die paleis vanaf die Anitsjkof-brug oor die Fontanka-rivier (1850's).

Die Beloselski-Belozerski-paleis (Russies: Дворе́ц Белосе́льских-Белозе́рских; voor die Russiese Rewolusie ook bekend as die Paleis van Groothertogin Elizabeth Fjodorowna, die Sergei-paleis en die Dmitri-paleis) is ’n Nieu-Barok-paleis op die kruising van die Fontanka-rivier en Nefski-prospekt in Sint Petersburg, Rusland. Die malvapienk paleis lyk baie soos die Stroganof-paleis wat in die 1750's deur Bartolomeo Rastrelli ontwerp is en aan die ander kant van die Newarivier geleë is.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die eerste Beloselski-Belozerski-paleis is in 1747 tydens die bewind van keiserin Elisabeth aan Nefski-prospekt gebou vir prins Michail Andrejewitsj Beloselski (1702–1755). Die gebou, wat destyds baie kleiner was, is in ’n Franse styl ontwerp met ’n groot private tuin en ’n vasmeerplek aan die rivier.

Sy seun prins Aleksander Michailowitsj Beloselski (1752–1809) het die plek geërf en ’n ekstra stuk grond gekoop om die gebou te vergroot. Vanweë sy goeie verhouding met keiser Paul het hy die antieke titel Prins van Belozersk gekry. Van toe af was die familie bekend as die Beloselski-Belozerski's.

Die paleis is later herbou deur Andreas Stackensneider, die persoonlike argitek van tsaar Nikolaas I. Dit was een van die uitspattigste paleise in Rusland. In 1883 is dit verkoop aan groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland toe hy verloof geraak het aan prinses Elisabeth van Hesse en die Ryn. Dit is hy wat gesorg het vir die huidige pienk kleur van die paleis.

Die paartjie het nie self kinders gehad nie, maar was die peetouers van groothertog Dmitri Pawlowitsj, wat die paleis geërf het. Hy het dit aan die vooraand van die Russiese Rewolusie verkoop en twee jaar later is dit genasionaliseer. Dit het eers ’n streek-sowjet gehuisves tot dit in 1991 ’n munisipale kultuursentrum geword het. Dit is kwaai beskadig tydens die Tweede Wêreldoorlog, maar is in 1954 gerestoureer. Vandag word konserte daar gehou.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Beloselsky-Belozersky Palace
  • Tselyadt M.P. Dvorets Beloselskikh-Belozerskikh. Sint Petersburg, 1996.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

59°55′58″N 30°20′41″O / 59.93278°N 30.34472°O / 59.93278; 30.34472

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Beloselski-Belozerski-paleis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?