For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Bartolomeo Rastrelli.

Bartolomeo Rastrelli

Portret van Graaf Rastrelli soos geskilder deur Pietro Rotari

Francesco Bartolomeo Rastrelli (Russies: Франче́ско Бартоломе́о (Варфоломе́й Варфоломе́евич) Растре́лли; 1700, Parys, Koninkryk van Frankryk – 29 April 1771 in Sint Petersburg, Russiese Ryk) was 'n Italiaanse argitek wat hoofsaaklik in Rusland werksaam was. Hy het 'n geredelik herkenbare styl van laat-Elizabethaanse barok ontwikkel wat weelderig, majestueus en verhewe was. Sy grootste werke, insluitende die Winterpaleis in Sint Petersburg en die Katharina-paleis in Tsarskoye Selo, is bekend om die uitspattigheid en weelderige dekorasie daarvan.[1]

Biografie

[wysig | wysig bron]

In 1716 verhuis Bartolomeo na Sint Petersburg, wat vier jaar vantevore die nuwe Russiese hoofstad geword het. Hy is vergesel van sy vader, die Italiaanse beeldhouer Carlo Bartolomeo Rastrelli (1675–1744). [1] Sy ambisie was om die nuutste Italiaanse argitektuurmodes te kombineer met tradisies van die Moskouse Barok-styl. Sy eerste belangrike opdrag kom in 1721 toe hy gevra word om 'n paleis te bou vir prins Demetre Cantemir, die voormalige heerser van Moldawië.

Hy word in 1730 as senior hofargitek aangestel. Sy werke het guns gevind by die vroulike vorste van sy tyd, en hy het hierdie pos behou gedurende die heerskappy van keiserinne Anna (1730–1740) en Elisabeth (1741–1762).

Rastrelli se laaste en mees ambisieuse projek was die Smolny-klooster in Sint Petersburg waar keiserin Elisabeth die res van haar lewe sou deurbring. Die kloktoring sou die hoogste gebou in Sint Petersburg en die hele Rusland word. Elisabeth se dood in 1762 verhinder egter dat Rastrelli hierdie groot ontwerp voltooi. [1]

Die nuwe keiserin, Katharina II, het Barok-argitektuur afgemaak as outydse "slagroom", en die bejaarde argitek het dus afgetree in Courland, waar hy toesig gehou het oor die voltooiing van die hertoglike paleise.

In sy laaste jare het hy obskure handeltransaksies met Italiaanse kunshandelaars aangegaan. Hy is enkele maande voor sy dood verkies tot die Ryksakademie van Kunste. [1] 'n Stadsplein voor die Smolny-klooster dra sedert 1923 Rastrelli se naam. Hy is die onderwerp van 'n komposisie getiteld "Rastrelli in Sint Petersburg", wat in 2000 geskryf is deur die Italiaanse komponis Lorenzo Ferrero.

Tien bestaande geboue wat deur Rastrelli ontwerp is

[wysig | wysig bron]
# Beeld Naam Ligging Datum
1 Rundāle-paleis Pilsrundāle naby Bauska
Vlag van Letland Letland
1736–1740
1764–1767
2 Jelgava-paleis Jelgava
Vlag van Letland Letland
1738–1740
1763–1772
3 Peterhof-paleis Peterhof naby Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1747–1755
Peterhof-paleis kapelle Peterhof naby Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1747–1751
4 Sint Andrew's Kerk, Kiëf Kiëf
Vlag van Oekraïne Oekraïne
1748–1767
5 Smolny-klooster Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1748–1764
6 Vorontsov-paleis Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1749–1757
7 Katharina-paleis Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin)
Vlag van Rusland Rusland
1752–1756
Hermitage-pawiljoen Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin)
Vlag van Rusland Rusland
1749
8 Mariyinsky-paleis Kiëf
Vlag van Oekraïne Oekraïne
1752
1870
9 Stroganov-paleis Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1753–1754
10 Winterpaleis Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1754–1762[2]

Boris Vipper spekuleer dat Rastrelli sy laaste (en onvoltooide) ontwerp vir die Neoklassieke-herehuis naby Mitava gemaak het.

Gesloopte geboue

[wysig | wysig bron]
# Beeld Naam Notas Ligging Date
1 Annenhof Gebou van hout, vervang deur die Katharina-paleis Lefortovo Distrik, Moskou
Vlag van Rusland Rusland
1731
verplaas in 1736
afgebrand in 1746
2 Anna se Winterpaleis Vervang deur die Winterpaleis Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1732–1735
gesloop in 1754
3 Somerpaleis Gebou van hout, vervang deur Sint Michael se Kasteel Sint Petersburg
Vlag van Rusland Rusland
1741–1744
gesloop in 1797
4 Winter Kremlinpaleis Vervang deur die Groot Kremlinpaleis Moskouse Kremlin
Vlag van Rusland Rusland
1747–1756
herbou in
gesloop in 1837

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Bartolomeo Francesco Rastrelli. Encyclopædia Britannica
  2. Ring, Trudy; Watson, Noelle; Schellinger, Paul (28 Oktober 2013). Northern Europe: International Dictionary of Historic Places. ISBN 9781136639449.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Bartolomeo Rastrelli
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?