For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for BBC.

BBC

British Broadcasting Corporation

Tipe Public broadcasting authority
Gestig 18 Oktober 1922
Hoofkantoor Londen, EngelandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
SleutelpersoneJohn Reith, George Villiers (stigters)
Sir David Clementi (voorsitter, BBC Trust)
Anthony William Hall, Baron Hall of Birkenhead (direkteur-generaal)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieUitsaaidienste
ProdukteTV- en radioprogramme, internet-portale
DiensteTelevisie, radio, aanlyn
Inkomste£5,166 miljard (2013/14)[1]
Werknemers22 401 (2018/19)
Webwerfbbc.com

Die British Broadcasting Corporation (afgekort BBC) is die openbare uitsaaier van die Verenigde Koninkryk.[2] Dit is in 1922 gestig as een van die oudste uitsaaiers ter wêreld. Sy hoofverantwoordelikheid is die uitsaai van onpartydige televisie- en radioprogramme in die Verenigde Koninkryk, op die Kanaaleilande en die Eiland Man. Volgens sy personeelgetal van 22 401 in 2019 (van wie 2 714 deur die kommersiële onderneming BBC Studios aangestel is) is dit die grootste uitsaaikorporasie ter wêreld.[3]

Die BBC se Art Deco-hoofkantoor op Portlandplein, Londen, met die nuwe Oosvleuel-uitbreiding (East Wing extension, aan die regterkant) wat in 2013 ingewy is

Die BBC se hoofkwartier is in Broadcasting House op Portlandplein, Londen, met groot produksieateljees in Belfast, Birmingham, Bristol, Cardiff, Glasgow, Londen en Salford Quays (Groter Manchester) en kleiner ateljees dwarsoor die Verenigde Koninkryk.

Programme word aangebied deur hulle televisiesenders: BBC One, BBC Two, BBC Three (in Februarie 2016 omgeskep tot 'n suiwer internet-televisiediens), BBC Four, BBC Entertainment, BBC News 24 en BBC World; asook deur 'n aantal radiosenders waaronder BBC 1 tot en met 7. Die BBC se Wêrelddiens saai programme in meer as 30 verskillende tale uit en word oor die algemeen in die weste beskou as 'n gesaghebbende en objektiewe nuusbron.

In regtelike opsig is die BBC 'n halfoutonome uitsaaier wat volgens 'n Koninklike Oktrooi en onder 'n lisensie en ooreenkoms met die Britse minister van binnelandse sake bedryf word. Die BBC se bedrywighede word in die Verenigde Koninkryk hoofsaaklik deur televisielisensies gefinansier wat jaarliks deur alle Britse huishoudings, maatskappye en organisasies, wat enige toestel besit waarmee televisieprogramme ontvang kan word, betaal moet word. Die bedrag van dié lisensie word jaarliks deur die Britse regering vasgelê en deur die parlement goedgekeur.

Buite die Verenigde Koninkryk word radioprogramme regstreeks deur die BBC se Wêrelddiens of deur ander radiostasies op kontrakbasis uitgesaai. Internasionale radiodienste is vir die eerste keer op 19 Desember 1932 aangebied toe die BBC se Ryksdiens (BBC Empire Service) in die lewe geroep is. Intussen word ook televisieprogramme en aanlyndienste vir buitelandse gehore verskaf.

Alhoewel die Wêrelddiens gebruik maak van sommige nasionale BBC-geriewe in die Verenigde Koninkryk, veral wat nuusprogramme betref, word dit deur sy eie direkteur-generaal bestuur, terwyl sy bedryfskoste tradisioneel hoofsaaklik deur die Britse regering gedra is. Aangesien hierdie bydraes onafhanklik van Britse lisensiegelde vasgelê is en deur die Foreign and Commonwealth Office (Kantoor vir Buitelandse en Gemenebessake) se begroting gefinansier is, het die BBC se internasionale programinhoud – ten minste gedeeltelik – 'n doeltreffende werktuig vir die Britse regering se doeltreffende beleid verteenwoordig. Ná die hersiening van die Wêrelddiens se finansiële bestuur is planne aangekondig om internasionale programme in die toekoms uit nasionale lisensiegelde te finansier.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. BBC Financial statements 2013/14. Besoek op 18 Junie 2017
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. BBC Group Annual Report and Accounts 2018/19, bl. 83. Aanlyn beskikbaar: BBC.com: About the BBC

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wiki-webtuistes

Amptelike webtuiste

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
BBC
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?