For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Australopithecus anamensis.

Australopithecus anamensis

Australopithecus anamensis
Tydperk: Plioseen
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Australopithecus
Spesie:
A. anamensis
Binomiale naam
Australopithecus anamensis
Meave Leakey et al., 1995

Australopithecus anamensis (of Praeanthropus anamensis) is ’n uitgestorwe spesie van die genus Australopithecus wat sowat 4 miljoen jaar gelede geleef het. Dit is die oudste spesie wat met sekerheid toegeken kan word aan die menslike stamboom. Byna honderd fossiele van Kenia[1][2] en Ethiopië[3] is bekend; dit verteenwoordig meer as 20 individue.

Ontdekking

[wysig | wysig bron]

’n Boarmbeen in Plioseen-strata is die eerste deel van die spesie wat in die Turkanameer-gebied in Kenia ontdek is, hoewel dit nie in daardie tyd besef is nie. ’n Navorsingspan van die Harvard-universiteit het dit in 1965 gevind. Dit is voorlopig as Australopithecus geklassifiseer en die ouderdom is op 4 miljoen jaar geraam. Min bykomende inligting is ontdek tot in 1987, toe die Kanadese argeoloog Allan Morton (saam met Harvard se Koobi Fora-veldskool) stukke ontdek het van ’n fossiel wat uit ’n heuwel naby die Turkanameer in Kenia steek.

In 1994 het die paleoantropoloog Meave Leakey en die argeoloog Alan Walker uitgrawings op die terrein gedoen en nog verskeie stukke van die hominied gevind, onder meer ’n volledige been van die onderste kakebeen wat soos dié van ’n sjimpansee (Pan troglodytes) lyk, hoewel die tande ’n groter ooreenstemming met die mens s’n toon.

In 1995 het Meave Leakey en haar vennote die nuwe vondste vanweë die verskille met Australopithecus afarensis, geklassifiseer as ’n nuwe spesies, A. anamensis; die naam kom van die woord vir "meer" in die taal Turkana.[1] Leakey het gemeen die spesie is onafhanklik van baie ander spesies; dit verteenwoordig nie ’n tussenspesie van enige aard nie.

Hoewel die span nie heupe, voete of bene gevind het nie, glo Leakey A. anamensis het dikwels boom geklim. Vroeë hominiene het boom geklim tot met die verskyning van die eerste Homo-spesies sowat 2,5 miljoen jaar gelede. Die spesie deel baie eienskappe met Australopithecus afarensis en kan sy direkte voorouer wees.

In 2006 is ’n nuwe A. anamensis-vonds amptelik bekend gemaak en dit brei die spesie se gebied uit tot in Noordoos-Ethiopië. Dit sluit in die grootste hominied-oogtand wat nog ontdek is en die vroegste Australopithecus-femur.[3] Dit is gevind in ’n streek bekend as Middel-Awash, die tuiste van verskeie ander, moderner Australopithecus-vondste en net 9,7 km van die perseel waar Ardipithecus ramidus, die modernste spesie van Ardipithecus wat nog ontdek is, gevind is. Ardipithecus was ’n primitiewer hominied wat beskou word as een stap onder Australopithecus op die evolusieboom. Die ouderdom van die A. anamensis-vonds word op sowat 4,2 miljoen jaar geraam en die Ar. ramidus-vonds op 4,4 miljoen jaar. Dit plaas net 200 000 jaar tussen die twee spesies en vul nog ’n opening in die pre-Australopithecus-hominied se evolusietydlyn.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 M. G. Leakey, C. S. Feibel, I. MacDougall & A. Walker (17 Augustus 1995). "New four-million-year-old hominid species from Kanapoi and Allia Bay, Kenya". Nature. 376 (6541): 565–571. Bibcode:1995Natur.376..565L. doi:10.1038/376565a0. PMID 7637803.((cite journal)): AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. M. G. Leakey, C. S. Feibel, I. McDougall, C. Ward & A. Walker (7 Mei 1998). "New specimens and confirmation of an early age for Australopithecus anamensis". Nature. 393 (6680): 62–66. Bibcode:1998Natur.393...62L. doi:10.1038/29972. PMID 9590689.((cite journal)): AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. 3,0 3,1 T. D. White, G. WoldeGabriel, B. Asfaw, S. Ambrose, Y. Beyene, R. L. Bernor, J.-R. Boisserie, B. Currie, H. Gilbert, Y. Haile-Selassie, W. K. Hart, L. J. Hlusko, F. C. Howell, R. T. Kono, T. Lehmann, A. Louchart, C. O. Lovejoy, P. R. Renne, H. Saegusa, E. S. Vrba, H. Wesselman & G. Suwa (13 April 2006). "Asa Issie, Aramis and the origin of Australopithecus". Nature. 440 (7086): 883–889. Bibcode:2006Natur.440..883W. doi:10.1038/nature04629. PMID 16612373.((cite journal)): AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Borenstein, Seth. "New Fossil Links Up Human Evolution". The Associated Press. Besoek op 13 April 2006. [dooie skakel]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Australopithecus anamensis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?