For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Arnolfo di Cambio.

Arnolfo di Cambio

Arnolfo di Cambio
Arnolfo di Cambio deur Vasari
Gebore
Arnolfo di Lapo

1232/1240
Colle di Val d'Elsa
Sterf8 Maart 1301(1301-03-08)/1310
NasionaliteitItaliaans
BeroepArgitek en beeldhouer
Die ciborium oor die hoë altaar van die Basiliek di San Giovanni in Laterano is verkry van 'n ontwerp deur Arnolfo di Cambio en versier met skilderye deur Barna da Siena in 1367–1368. Die hok bo-op bevat silwer relieke wat oënskynlik die hoofde van die Petrus en Paulus bevat.
Die beeldhouwerk van Petrus in die Petrus-basiliek, Rome

Arnolfo di Cambio (gebore in c. 1245, Colle di Val d'Elsa, Italië; sterf 1301/10, Florence) was ‘n Italiaanse beeldhouer en argitek. Sy werk beliggaam die oorgang tussen die laat-Gotiese - en Renaissance argitekturele milieus. Arnolfo het teken - en skilderkuns onder Cimabue en Nicola Pisano studeer. Hy het vanaf 1265 tot 1268 gedien as assistent tot Pisano met die bou van die preekstoel vir die Sienna Katedraal. Arnolfo het in 1277 na Rome gegaan as die student van Karel van Anjou, koning van Sisilië. Dit is moontlik dat hy aldaar die monument van Kardinaal Annibaldi in die Kerk van die heilige Giovanni in Laterano (nou afgebreek), en die graftombe van Pous Adrianus V in die Kerk van die heilige Francesco, Viterbo kon gebou het. In 1281 het hy ‘n fontein by Perugia gebou, waarvan stukke oorbly in die Nasionale Galery van Umbrië. Die volgende jaar het hy ‘n monument wat gewy is aan Kardinaal de Braye (sterf in 1282) in San Domenico by Orvieto gebou; en vervolgens altaardakke vir San Paolo Fuori le Mura (1285) en Sint Cecilia in Trastevere (1293) in Rome ontwerp. In 1296 het Arnolfo na Florence teruggekeer ten einde sy mees belangrikste opdrag van stapel te stuur, naamlik die ontwerp van die Duomo (die katedraal van Florence) en die maak van standbeelde vir die Duomo se vooraansig (nou in die Museum van die Duomo). Ander geboue wat aan Arnolfo toegeskryf word is die Palazzo Vecchio (Palazzo della Signoria), die Kerk van Santa Croce en die koorafskorting van die Badia (Benediktynse abdy).

Die strukturele en dekoratiewe eienskappe van Santa Croce en die Duomo stel ‘n eenheid, balans en ligtheid van beweging daar wat Arnolfdo se volledige bemeestering van die laat 13de eeuse Gotiese argitekturele woordeskat ten toon stel. Sy beeldhouwerke beskik oor ‘n grootse aanvoeling vir volume, wat die invloed toon van Romeinse modelle uit die antikwiteit.[1]

Geselekteerde werke

[wysig | wysig bron]

Argitektuur

[wysig | wysig bron]
  • Ou basiliek van Santa Maria del Fiore, Florence-katedraal, 1296.[2]
  • Palazzo Vecchio in Florence, 1299.[3]

Beeldhouwerk

[wysig | wysig bron]
  • Die heilige Petrus Gekroon binne die Petrus-basiliek word dikwels aan Arnolfo toegeskryf.[4]
  • Monument aan Pous Adrianus V (1276, toegeskryf) – San Francesco, Viterbo
  • Monument aan Riccardo Kardinaal Annibaldi (1276) – San Giovanni in Laterano, Rome[5]
  • Standbeeld van Karel I van Anjou (1277) – Campidoglio, Rome[6]
  • Fontein van die Dorstige Mense (Fontana Minore) – Perugia[7]
  • Graftombe van Kardinaal Guillaume de Braye (c. 1282) – San Domenico, Orvieto[8]
  • Monument van Pous Boniface VIII – die Museo dell'Opera del Duomo – Florence

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Arnolfo di Cambio." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.
  2. Heck, Johann Georg. The Art of Building in Ancient and Modern Times, Or, Architecture Illustrated. Vol. 1. D. Appleton. p. 182.
  3. Norman, Diana. Siena, Florence, and Padua: Case studies. Yale University Press. p. 43. ISBN 9780300061260.
  4. Thomson de Grummond, Nancy (11 Mei 2015). Encyclopedia of the History of Classical Archaeology. Routledge. p. 84. ISBN 9781134268542.
  5. Gardner, Julian (Maart 1972). "The Tomb of Cardinal Annibaldi by Arnolfo di Cambio". The Burlington Magazine. Burlington Magazine Publications Ltd. 114 (828): 136–141. JSTOR 876902.
  6. Abulafia, David (2000). "Charles of Anjou reassessed". Journal of Medieval History. Tandfonline. 26 (1): 93–114. doi:10.1016/S0304-4181(99)00012-3.
  7. Gilbert, Creighton (1972). History of Renaissance Art: Painting, Sculpture, Architecture Throughout Europe. H.N. Abrams. p. 24.
  8. Krén, Emil; Marx, Daniel. "Tomb of Cardinal de Braye". Web Gallery of Art (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 26 September 2018.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Arnolfo di Cambio
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?