For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Apollo 11.

Apollo 11

Apollo 11
Sendingwapen
Die Apollo 11-wapen bevat 'n arend,
met uitgestrekte vlerke en 'n olyftakkie
op die maan met die aarde in die agtergrond.
Die omranding is in blou en goudkleur
Sendingstatistiek
Sendingnaam: Apollo 11
Roepteken: Beheermodule: Columbia
Maanmodule: Eagle
Bemanningslede: 3
Lansering: 16 Julie 1969
om 13:32:00 UTC
Kennedy-ruimtesentrum
LC 39A
Maanlanding: 20 Julie 1969
om 20:17:40 UTC
0.67°N 23.47°O
Sea of Tranquility
Maanuitstappies: 2 uur 31 min 40 sek
Tyd op die maan: 21 uur 30 min
Aardlanding: 24 Julie 1969
16:50:35 UTC
Noordelike Stille Oseaan
13°19′N 169°9′W / 13.317°N 169.150°W / 13.317; -169.150 (Apollo 11 splashdown)
Tydsduur: 8 dae, 3 ure 18,5 minute
Die bemanning van Apollo 11, Armstrong, Collins en Aldrin.

Apollo 11 was die Amerikaanse ruimtesending waarmee die eerste mense op die maan, die Amerikaners Neil Armstrong en Buzz Aldrin, geland het op 20 Julie 1969 om 20:17:40 UTC.

Armstrong was die eerste mens om op die maanoppervlak te loop, ses uur later op 21 Julie 02:56 UTC. Armstrong het ongeveer twee en 'n half ure buite die ruimtetuig vertoef en Aldrin effens minder, en saam het hulle 21,5 kg (47,5 pond) se maanmateriaal ingesamel om terug te neem na die aarde. Die derde lid van die sending, Michael Collins, het alleen in die beheermodule van die ruimtetuig in 'n wentelbaan om die maan gevlieg, totdat Armstrong en Aldrin later na hom teruggekeer het vir hul reis terug na die Aarde.

Verloop van die sending

Die Apollo-ruimtetuig is op 16 Julie 1969 deur 'n Saturn V-vuurpyl vanaf Kennedy-ruimtesentrum op Merritt-eiland, Florida gelanseer. Apollo 11 was die vyfde bemande sending van NASA se Apollo-program. Die Apollo-ruimtetuig het drie dele gehad: 'n bevelmodule met 'n kajuit vir die drie ruimtevaarders, en die enigste deel wat terug op die aarde geland het; 'n diensmodule, wat die bevelmodule van aandrywing, elektriese krag, suurstof en water voorsien; en 'n maanmodule vir die landing op die maan.

Nadat dit na die maan gestuur is deur die Saturn V se boonste stadium het die ruimtevaarders die ruimtetuig geskei daarvan en vir drie dae gereis totdat hulle in 'n wentelbaan om die maan geplaas is. Armstrong en Aldrin het hulself toe verskuif na die maanmodule en in die Mare Tranquillitatis geland. Hulle het vir ongeveer 21½ uur op die maanoppervlak vertoef. Na die opstyg van die boonste deel van die maanmodule en herkoppeling met Collins in die bevelmodule, het hulle teruggekeer na die aarde en op 24 Julie 1969 in die Stille Oseaan neergeplons. Die bemanning is deur die vliegdekskip USS Hornet opgepik.

Feite

Voorafgegaan deur:
Apollo 10
Apollo-program Gevolg deur:
Apollo 12

Trivia

Pratley Putty is gebruik om sekere dele van die Eagle-maanlandingstuig van die Apollo 11-sending aan mekaar te hou.

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.


{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Apollo 11
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?