For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Apatosaurus.

Apatosaurus

Die kopbeen van A. ajax, voorwerp CMC VP 7180.

Apatosaurus
Tydperk: Laat Jura 152–151 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Apatosaurus

(Marsh, 1877)
Tipespesie
Apatosaurus ajax
Ander spesies
Apatosaurus louisae
(Holland, 1916)
Apatosaurus
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Familie: Diplodocidae
Genus: Apatosaurus
(Marsh, 1879)

Apatosaurus ("misleidende akkedis") is ’n genus van souropode-dinosourusse wat in die Laat Jura-periode in Noord-Amerika voorgekom het. Dit is aanvanklik in 1877 deur Othniel Charles Marsh beskryf en hy het die eerste bekende spesie Apatosaurus ajax genoem en die tweede spesie, wat in 1916 ontdek is, Apatosaurus louisae. Hulle is tussen 152 miljoen en 151 miljoen jaar oud en het in die Titonium-tydsnede van die Jura voorgekom. Brontosaurus is lank beskou as ’n sinoniem vir die Apatosaurus en sy tipe-spesie is in 1903 hernoem tot A. excelsus.

’n Uitgebreide studie wat in 2015 gepubliseer is, het egter bevind Brontosaurus was ’n geldige souropode-genus wat verskil het van Apatosaurus.[1][2] Volgens dieselfde studie is nog twee spesies wat voorheen as Apatosaurus beskou is, hernoem tot Brontosaurus parvus en Brontosaurus yahnahpin.[1]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]
’n Vergelyking tussen ’n mens en drie dinosourusse: Apatosaurus ajax (oranje), A. louisae (rooi) en Brontosaurus excelsus (groen).

Die gemiddelde lengte van ’n Apatosaurus was sowat 22,8 meter en die gemiddelde gewig 16,4 ton. Die nekwerwels was korter en swaarder as dié van Diplodocus, en die pote se bene was stewiger en langer. Die stert is tydens normale beweging bo die grond gehou.

Nes alle souropodes het Apatosaurus net een klou aan elke voorpoot gehad en drie aan elke agterpoot. Apatosaurus het "lugsakke" (holtes) in sy bene gehad om die dier ligter te maak. Sy stert is dalk gebruik om soos ’n sweep te klap.

Klassifikasie

[wysig | wysig bron]

Apatosaurus was lid van die familie Diplodocidae, ’n klade van reusagtige souropodes. Die familie sluit van die grootste diere in wat ooit die aarde bewoon het, soos Diplodocus, Supersaurus en Barosaurus. Apatosaurus val ook in die subfamilie Apatosaurinae, saam met die Brontosaurus.[1]

’n Kladogram van die familie Diplodocidae volgens Tschopp, Mateus en Benson (2015):[1]

 Diplodocidae 

Amphicoelias altus




 Apatosaurinae 

Spesie sonder naam





Apatosaurus ajax



Apatosaurus louisae





Brontosaurus excelsus




Brontosaurus yahnahpin



Brontosaurus parvus







 Diplodocinae 

Spesie sonder naam




Tornieria africana





Supersaurus lourinhanensis



Supersaurus vivianae





Leinkupal laticauda




Galeamopus hayi





Diplodocus carnegii



Diplodocus hallorum





Kaatedocus siberi



Barosaurus lentus











Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Tschopp, E.; Mateus, O.V.; Benson, R.B.J. (2015). "A specimen-level phylogenetic analysis and taxonomic revision of Diplodocidae (Dinosauria, Sauropoda)". PeerJ3: e857. doi:10.7717/peerj.857
  2. Gorman, James (7 April 2015). "A Prehistoric Giant Is Revived, if Only in Name". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2019. Besoek op 7 April 2015.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Apatosaurus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?