For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Amfibieë.

Amfibieë

Amfibieë
Tydperk: 260–0 m. jaar gelede
Die rooioogboompadda (Litoria chloris) van Australië en die vuursalamander (Salamandra salamandra) van Europa
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Superklas:
Klas:
Amphibia

Linnaeus, 1758
Subklasse en ordes

   Orde Temnospondyli - uitgesterf
Subklas Lepospondyli - uitgesterf
Subklas Lissamphibia
   Orde Anura
   Orde Caudata
   Orde Gymnophiona

Amfibieë, of Amphibia, is 'n klas van die superklas Tetrapoda. Hulle het vier pote en word uit eiers gebore. Hulle woon in water wanneer hulle klein is en kan aan land gaan wanneer hulle ouer is. Paddas, salamanders en wurmsalamanders is die drie hoofgroepe amfibieë.

Amfibieë word sonder bene gebore – hulle groei dit aan terwyl hulle klein is. Wanneer hulle grootword, verander hulle van vorm. Hierdie proses staan as metamorfose bekend. Die diere verloor later hul kieue en sterte, en groei agterbene aan. Klein paddas en salamanders word paddavisse genoem. Hierdie diere lê tot duisend eiers, gewoonlik in water of op klam plekke. Hulle vreet ander diere, veral insekte.

Daar is tans omtrent 5 700 spesies. Hulle word op al die kontinente aangetref, behalwe Antartika, maar fossielgetuienis bevestig dat hulle ook daar teenwoordig was.[1]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die vroegste Tetrapoda verskyn in die laat Devoon. 'n Bekende verteenwoordiger is Ichtyostega uit Groenland, ongeveer 363 miljoen jaar oud. 'n Bietjie ouer is Elginerpeton uit Skotland van 368 miljoen jaar gelede. In die Devoon en Karboon word daar 'n groot verskeidenheid fossiele vorme aangetref, maar fossiele van die moderne paddas en salamanders verskyn eers in die Jura. Die verwantskap met die ouer vorme soos die Temnospondyli en Lepospondyli is nie bekend nie.[2]

Die moderne amfibieë word gewoonlik die Lissamphibia genoem, hoewel dit moontlik is dat hierdie groep nie monofileties is nie. Op grond van genetiese en morfologiese inligtings kan die volgende kladogram saamgestel word.[3]

Tetrapoda

Amniota


Lissamphibia
Stegokrotaphia

Wurmsalamanders


Batrachia
Urodela

Salamandridae



Cryptobranchoidea



Bombinanura
Archaeobatrachia

Bombina, Xenopus


Neobatrachia

Hoër paddas: Bufo, Rana






Die tye waarop die aftakkings plaasgevind het, verskil egter tussen metodes. Die tak wat na die wurmsalamanders lei (Stegokrotaphia en Batrachia), is dalk oud. Die morfologiese metode plaas dit die laat Perm (~260 miljoen jaar gelede) en die genetiese metode in die Karboon (~337 miljoen jaar gelede). Die salamander/padda-aftakking (Urodela en Bombinanura) is 'n bietjie jonger (254 of 308 miljoen jaar gelede).

Taksonomie

[wysig | wysig bron]
  • Klas Amphibia
    • Orde Anura (paddas)
    • Orde Caudata (salamanders)
    • Orde Gymnophiona (wurmsalamanders)

Amfibieë in Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

In Suid-Afrika word amfibieë slegs deur die orde Anura, die paddas, verteenwoordig, maar daar is 'n skouspelagtige verskeidenheid van hulle wat verskil van vorm, lewensgeskiedenis, habitat, roepe, kleure en filogenie. Die aantal beskryfde spesies het stadig toegeneem en teen 2004 was daar sowat 115 van hulle, waarvan 20 tot die bedreigde kategorie behoort. In 2009 het die getal tot 177 gestyg. Sommige van die bedreigdes is dié waarvan die wetenskap die minste weet en die land het 'n relatief groot aantal spesies wat endemies is, wat beteken dat hulle nêrens anders voorkom nie. Veral die aantal bergpaddas is interessant. Dikwels lyk dit of daar soveel spesies is as wat daar berge is. Baie van die endemiese spesies met 'n beperkte verspreidingsgebied kom op hoër hoogtes voor of in gebiede waar min mense woon.[4]

Baie paddas lê enorme getalle eiers waaruit groot getalle paddavissies gebore word, maar die mortaliteit is hoog en min oorleef tot volwassenheid. Daar is 'n siekte, genaamd chytridiomykose, wat paddas aantas en was endemies aan Afrika is, maar dit lyk of die meeste spesies dit duld sonder om groot afsterwing van hul bevolking te ly. [4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The first frog fossil from Antarctica has been found, Maria Temming, sciencenews.org (23 April 2020)
  2. "UCMP Berkeley" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2019. Besoek op 27 Februarie 2017.
  3. Fossils, Molecules, Divergence Times, and the Origin of Lissamphibians David Marjanović, Michel Laurin, Systematic Biology 56(3) 2007, bls. 369-388
  4. 4,0 4,1 John Measy (2010). "Red-listing the amphbians of South Africa". Quest. 6 (2).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Amfibieë
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?