For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Akropolis.

Akropolis

Vir die mees bekende voorbeeld, kyk Akropolis van Athene.

Die Akropolis van Athene
Gesig op die Akropolis van Pergamon (in die agtergrond), soos gesien van die Via Tecta by die ingang na die Asklepeion
Akropolis van Assos

Akropolis (ακρόπολις, Gr. akros, akron,[1] boonste of mees ekstreme + polis, stad, meerv. akropoleis) beteken letterlik boonste stad in Grieks. Vir doeleindes van verdediging, het vroeë nedersetters van nature hoogtes verkies, dikwels 'n heuwel wat deur afgronde begrens is. In baie streke van die wêreld, het hierdie vroeë vestings die kerne van groot stede geword, wat in die omsluitende laer land gedy het, soos bv. moderne Rome.

Alhoewel die woord akropolis van Griekse oorsprong is, en hoofsaaklik met Griekse Athene, Argos, Thebe en Korinthe (met lg. se Akrokorinthe) in verband gebring word, kan vestings van hierdie aard meer algemeen herken word, soos byvoorbeeld te Rome, Jerusalem, Keltiese Bratislava, etlike oorde in Klein-Asië, of selfs Castle Rock in Edinburg. 'n Ierse voorbeeld is die Rots van Cashel.

Die beroemde voorbeeld is die Akropolis van Athene,[2] wat weens die historiese verbintenisse daaraan en die verskillende beroemde geboue wat daar opgerig is (veral die Parthenon), sonder verdere kwalifikasie as die Akropolis bekend staan. Alhoewel 'n kenmerk van die Griekse vasteland, het die aanwending van die akropolis-model vinnig gedy na Griekse kolonies soos die Doriese Lato op Kreta in die Argaïese tydperk.

Weens die klassiek Grieks-Romeinse styl daarvan, is die ruïnes van die Sendingstasie van San Juan Capistrano se Groot klipkerk in Kalifornië al die "Amerikaanse akropolis" genoem.

In ander wêreldstreke het ander benamings vir 'n hoë vesting of alcázar ontstaan, wat dikwels 'n kunsmatige versterking van 'n natuurlike vesting is. In sentraal Italië is etlike klein landelike kommunes steeds genestel teen die basis van 'n gefortifiseerde nedersetting, bekend as die La Rocca van die kommune.

Die term akropolis word ook gebruik om die sentrale kompleks van oorvleuelende strukture te beskryf, soos plazas en piramides in verskillende Majastede, insluitend dié van Tikal en Copán.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. acro-. (geen datum). The American Heritage Dictionary of the English Language, Vierde uitgawe. Nageslaan 29 September 2008, from Dictionary.com website: Aanhaling: "[Van Griekse akros, ekstreem; sien ak- in Indo-Europese wortels.] "
  2. World Heritage: Acropolis, Athens

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Akropolis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?