For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Zola Budd.

Zola Budd

Zola Pieterse
Zola Pieterse tydens die Comrades-maraton van 2012. In die 2014-wedloop was sy 7de en die eerste vroulike veteraan om die eindstreep oor te steek.
Zola Pieterse tydens die Comrades-maraton van 2012. In die 2014-wedloop was sy 7de en die eerste vroulike veteraan om die eindstreep oor te steek.
Volle naam Zola Pieterse née Budd
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Geboortedatum 26 Mei 1966 (1966-05-26) (58 jaar oud)
Geboorteplek Bloemfontein, Vrystaat
Sport Middelafstandatleet

Zola Pieterse,[1][2] beter bekend onder haar nooiensvan as Zola Budd (gebore 26 Mei 1966 in Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika), is 'n Olimpiese naelloper wat aan pad-, veld- en baanwedlope deelgeneem het. Budd se loopbaan was ongewoon omdat sy hoofsaaklik kaalvoet geoefen en gehardloop het. Gedurende die 1980’s stel sy verskeie nieamptelike langafstandwêreldrekords op. Sy het in minder as twee jaar twee keer die wêreldrekord in die 5 000 m vir vroue verbeter, en twee keer die Wêreldveldloopkampioenskap gewen. Haar prestasies op die baan is dikwels deur politieke omstredenheid tydens haar kort verblyf in die Verenigde Koninkryk oorskadu.[3]

5 000 m-wêreldrekord

[wysig | wysig bron]
Budd, Decker en Puică neem die voortou in die 3 000 m-wedloop tydens die Olimpiese Spele van 1984.

In 1984, op die ouderdom van 17, verwerf Budd roem toe sy die 5 000 m-wêreldrekord vir vroue met 'n tyd van 15:01.83 verbeter.[4] Aangesien sy die prestasie in Suid-Afrika behaal het, wat in daardie stadium weens die apartheidsbeleid van internasionale deelname uitgesluit was, het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies geweier om haar tyd as 'n amptelike wêreldrekord te erken.

In 1985 verbeter sy die rekord amptelik terwyl sy Brittanje in 'n wedloop verteenwoordig, met 'n tyd van 14:48.07.[5]

Olimpiese Spele

[wysig | wysig bron]

Budd veroorsaak groot omstredenheid as Britse atleet in 1984 by die Olimpiese Spele in Los Angeles, waar sy aan die 3 000 m-wedloop deelgeneem het. Aan die voorpunt kom sy en Mary Decker, die Amerikaanse gunsteling vir die goue medalje, te na aan mekaar. Decker struikel, val en kon nie die wedren voltooi nie, en Budd sak ook uit.

Tydens die Olimpiese Spele van 1992 in Barcelona het sy vir Suid-Afrika gehardloop (ook die 3 000 m-wedloop).

Kulturele impak

[wysig | wysig bron]

Sy het groot ondersteuning en bewondering, ook van swart Suid-Afrikaners, geniet. In die 1980's het baie taxi-eienaars ’n tekkieplakker op hul agterruit geplak en hulle minibusse "Zola Budds" gedoop. Die naam sinspeel op die spoed waarmee hulle tussen aflaaipunte beweeg.

Die ontslape sanger Brenda Fassie (waarna Time in 2001 as die "die Madonna van die townships" verwys het) het in die 1980's 'n trefferenkelspeler gehad met haar liedjie Zola Budd.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Mackay, Duncan; Meldrum, Andrew (10 Augustus 2005). "Zola Pieterse finds peace in native land". The Guardian (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2010. Besoek op 13 Januarie 2012.
  2. Wooldridge, Ian (9 April 2003). "Zola deserves warm welcome after all we put her through". Daily Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2012.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  4. Driscoll, Dennis G. (6 Julie 2004). "Barefoot Running: A Natural Step For The Endurance Athlete?". Master Track & Field News – Daily Newsletter from Ross Dunton, USA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2005. Besoek op 14 Januarie 2012.
  5. "1985: Budd smashes 5,000m record". BBC On This Day (in Engels). 26 Augustus 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2019. Besoek op 14 Januarie 2012.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Zola Budd
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?