For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Yarrarivier.

Yarrarivier

Die loop van die Yarrarivier ongeveer 10 000 jaar gelede, na die einde van die laaste ystydperk, voor die ontstaan van Port Phillip.

Die Yarrarivier of histories die Yarra-Yarrarivier, (Kulin-tale: Berrern, Birr-arrung, Bay-ray-rung, Birrarung, en Wongete) is 'n standhoudende rivier in suid-sentraal Victoria, Australië.

Die laer dele van die Yarra is waar Victoria se staatshoofstad Melbourne in 1835 gestig is, en vandag oorheers en beïnvloed die metropolitaanse Groter Melbourne die landskap van die vloedvlakte. Van sy oorsprong in die Yarrareeks vloei dit 242 km weswaarts deur die Yarravallei wat uitloop in vlaktes terwyl dit deur Groter Melbourne kronkel voordat dit in Hobsonsbaai in die noordelikste Port Phillipbaai uitmond.

Die rivier was al duisende jare 'n belangrike voedselbron en ontmoetingsplek vir inheemse Australiërs. Kort na die aankoms van Europese setlaars, het grondopruiming die oorblywende Wurundjeri-mense na naburige gebiede en weg van die rivier gedwing. Oorspronklik was die rivier Yarro-yarro genoem, wat "voortdurend vloeiend" beteken.

Deesdae word die Yarramonding, insluitende die Swanson- en Appleton-dokke, gebruik vir vragversending deur die hawe van Melbourne, wat die besigste op die vasteland is. Die stadsbereik, wat ontoeganklik is vir groter vaartuie, het toegeneem vir vervoer sowel as ontspanningsvaart (insluitend kajak, kanovaart, roei en swem). In onlangse jare word die ontspanningsgebruik van die rivier egter bedreig deur hoë besoedelingsvlakke in die onderste dele. Die bolope bly relatief gesond.

Die jaarlikse Moomba-fees vier die Yarrarivier se toenemende kulturele betekenis vir Melbourne.

Oorsprong

[wysig | wysig bron]

Monding

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Yarrarivier
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?