For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Wonderwerkgrot.

Wonderwerkgrot

Wonderwerkgrot
Koördinate 27°50′42″S 23°33′14″O / 27.84500°S 23.55389°O / -27.84500; 23.55389
Plaaslike naam  Kurumanheuwels tussen Danielskuil en Kuruman
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geskiedenis
Uitgrawings sedert 1940's deur B.D. Malan, Peter B. Beaumont, Karl W. Butzer, Anne Thackeray en Francis Thackeray

Die Wonderwerkgrot op die rant van die Kalahari is van besondere argeologiese belang omdat dit lig werp op die lewe van die mense in Suider-Afrika gedurende die Steentydperk.

Ligging

[wysig | wysig bron]

Hierdie grot is op die plaas Wonderwerk in die Kuruman Heuwels. Dit is op die Ghaapse plato, noord van Lime Acres en Daniëlskuil en suid van Kuruman.

Ontstaan

[wysig | wysig bron]

Die grot het honderdduisende jare gelede ontwikkel toe reënwater deur krake in die dolomietgesteente ingesypel en die gesteente begin oplos het. Mettertyd het 'n grot van 139 m in lengte en 'n vloeroppervlakte van 2000 m² ontwikkel. 'n Stalagmiet van hoër as 5 m staan by sy ingang.

Vroeë bewoning

[wysig | wysig bron]

Hierdie is een van die weinige grotte in die land wat reeds in die vroeë Steentydperk deur mense bewoon is. Tot sover die daglig in die grot in skyn, is daar rotstekeninge van plante en diere soos olifante, kameelperde en volstruise en van onbekende voorwerpe in die kleure rooi, geel, swart, wit en oker op die wande aangetref. Dierereste van uitgestorwe wildsbokspesies het waarskynlik bewaar gebly weens die besonder droë klimaat.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

In 1844 is die grot besoek deur die handelaar en jagter Henry H. Methuen en in 1903 het die Rhodesiese spoorweë die plaas Wonderwerk aan N.J. Bosman verkoop. Bosman en sy gesin het daarna enkele jare in die grot gewoon. In die Tweede Wêreldoorlog was daar in Suid-Afrika 'n ernstige tekort aan bemestingstowwe en daarom is toe die meeste vlermuismis (guano) uit die grot verwyder. Hierdeur het helaas ook baie argeologiese oorblyfsels verlore geraak.

Teenswoordig

[wysig | wysig bron]

Sedert die 1940’s word argeologiese opgrawings op die terrein onderneem. Navorsers van die McGregor Museum koördineer die navorsing saam met verskeie wetenskaplikes vanoor die wêreld heen. Van die artefakte kan in Kimberley se museum besigtig word. In 1993 is die grot tot monument verklaar. Dit word tans ook vir rituele doeleindes besoek weens die genesende krag wat aan die water toegeskryf word. Die grotte is wêreldwyd bekend onder grotduikers. Hulle beoefen hier, in die derde grootste ondergrondse varswatergrot in die wêreld, hul duikvaardighede.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Green, Lawrence G.: Something rich and strange. The story of South Africa’s treasures, famous and unknown, sunken and buried, and some personal experiences in the search for lost hoards. Kaapstad: Howard Timmins, 1962.
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 11. Kaapstad: Nasou, 1975. ISBN 0-625-00327-6

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Wonderwerkgrot
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?