For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Wiener Neustadt.

Wiener Neustadt

Wiener Neustadt

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Oostenryk Oostenryk
 Deelstaat Neder-Oostenryk
 Distrik Statutêre stad
 Koördinate 47°49′N 16°15′O / 47.817°N 16.250°O / 47.817; 16.250
 Stigting 1192
 Oppervlakte:  
 - Totaal 60,89 vk km
 Hoogte bo seevlak 265 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2019) 45 244
 - Bevolkingsdigtheid 744/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Somertyd UTC +2 (MET)
 Burgemeester Klaus Schneeberger (ÖVP)
 Amptelike Webwerf www.wiener-neustadt.at

Wiener Neustadt is die tweede grootste stedelike nedersetting in die Oostenrykse deelstaat Neder-Oostenryk na die deelstaathoofstad Sankt Pölten, en die elfde grootste in Oostenryk, met 'n bevolking van 45 244 (soos op 1 Januarie 2019).

Wiener Neustadt is 'n beplande stad wat in die Hoë Middeleeue deur die Babenbergse hertog Leopold V om politieke en strategiese redes in die Steinfeld, die mees suidelike deel van die Weense Bekken, 50 km suid van die huidige federale hoofstad Wene, gestig is. Die stadsuitleg is aan antieke Romeinse voorbeelde ontleen, die finansiële middele vir die stadstigting onvrywillig deur Engeland beskikbaar gestel met die geweldige losprys van meer as twintig ton silwer wat vir die vrylating van koning en kruisvaarder Richard I Leeuehart betaal moes word nadat hy tydens sy terugreis uit die Heilige Land in Oostenryk gevange geneem en aangehou is.[1]

Vanaf die laat 18de eeu het dit tot 'n belangrike nywerheidspilpunt temidde van die sogenaamde Teresiaanse Nywerheidsgebied (Theresianisches Industrieviertel) gegroei waar onder meer lokomotiewe vervaardig is. Die stad was gedurende die Tweede Wêreldoorlog vanweë sy militêre vliegtuigfabrieke en ander belangrike aanlegte die teiken van geallieerde lugaanvalle. Tans dien Wiener Neustadt, naas sy eie politieke status as statutêre (selfregerende) stad, as administratiewe setel vir die omliggende distrik Wiener Neustadt-Land.

Bekende boorlinge

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gunnar Strunz: Niederösterreich. Tweede hersiene uitgawe. Berlyn: Trescher 2015, bl. 337
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Wiener Neustadt
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?