For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Welwillendheidsdag.

Welwillendheidsdag

Lande waar Welwillendheidsdag 'n vakansiedag is in groen
Kersgeskenke

Welwillendheidsdag of Tweede kersdag val jaarliks op 26 Desember en is die feesdag net na kersdag wat op 25 Desember gedenk word. Nes Gesinsdag (Paasfees) en Pinkstermaandag vorm Welwillendheidsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste. Die Kersfees het vanaf die 8ste eeu in die Liturgiese jaar 'n oktaaf, dit wil sê 'n vastyd van agt dae, waarvan die gedenkdae van heiliges nie geraak is nie.[1] Voor die Protestantse Hervorming was daar in enkele Duitse lande tot vyf Kersdae, afhangende van die regerende vors se wetgewing.

Die dag word in die meeste Europese lande,[2] waaronder Bulgarye, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Griekeland, Hongarye, Ierland, Italië, Kroasië, Letland, Liechtenstein, Litaue, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Roemenië, Swede, Slowakye, Tsjeggië, Ysland, en lande van die Britse Statebond, as 'n openbare vakansiedag waargeneem. In die Verenigde State en ander lande is die dag egter nie 'n vakansiedag nie. In Spanje is dit net in die outonome geweste van die Baleariese Eilande en Katalonië 'n openbare vakansiedag, asook in die Duitstalige Gemeenskap van België en die Duitstalige gebiede van Switserland. Tussen 1871 en 1918 was dit ook in die destydse Elsas-Lotaringe van die Duitse Keiserryk 'n openbare vakansiedag.

Meeste lande wat aan die Britse Statebond behoort noem die dag "Boxing Day". Dié benaming is afgelei van die geskenke wat in Engels boxes genoem word.[3] In dié boks kon mense 'n geskenk vir die armes neersit. Die tradisionele vosjagtogte is ook op Boksdag gehou. Die dag is nou belangrik vir ander sportsoorte soos sokker en perdewedrenne, maar ook krieket en rugby. Veral in die Verenigde Koninkryk, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en Trinidad en Tobago, maar ook Hongkong is Boxing Day 'n tradisionele dag vir inkopies.

In Suid-Afrika is "Boxing Day" in 1994 hernoem na Welwillendheidsdag. Terwyl "Boxing Day" as 'n sekulêre vakansiedag beskou word, word op 26 Desember ook Sint Stefandag gevier.[4]

In sport

Welwillendheidsdagtoetswedstryd op Melbourne-krieketveld, 2006

In Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika word op Welwillendheidsdag toetskrieketwedstryde gespeel.[5] Die Australiese krieketwedstryd word tradisioneel op Melbourne-krieketveld aangebied en die Suid-Afrikaanse een op Kingsmead-stadion in Durban of SuperSport-park in Centurion. Van die Nieu-Seelandse krieketwedstryde op Welwillendheidsdag word op Basin Reserve in Wellington of Hagley-ovaal in Christchurch gehou.

Ook in sokker en rugby word in die lande van die Britse Statebond tradisioneel derbys aangebied. In Afrikalande en Italië word boksgevegte gehou.

Sien ook

Verwysings

  1. (de) Philipp Harnoncourt (2001). Weihnachtsoktav. ((cite book)): |work= ignored (hulp)
  2. (en) Brown, Cameron (28 Augustus 2006). Christmas Facts, Figures & Fun: Facts, Figures and Fun. p. 21. ISBN 978-1-904332-27-5. Besoek op 5 Januarie 2020.
  3. "Boxing day – Boxing day". www.boxing-day.nl (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op 5 Januarie 2020.
  4. "BBC Radio 4 schedule, 3 December 2004". BBC (in Engels). 17 November 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2015. Besoek op 5 Januarie 2020.
  5. Qaiser, S Pervez (25 Desember 2017). "Boxing Day Test: Grand year-end event with rich cricket history". Hindustan Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2020. Besoek op 5 Januarie 2020.

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Welwillendheidsdag
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?