For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vuurwielsterrestelsel.

Vuurwielsterrestelsel

Vuurwielsterrestelsel
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Groot Beer
Messier-naam Messier 101
Tipe SAB(rs)cd
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 14h 03m 12,6s
Deklinasie 54º 20' 57"
Skynmagnitude 7,86
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 20,9 miljoen
Skynbare grootte  28′,8 × 26′,9
Rooiverskuiwing  0,000804
Ander name NGC 5457, UGC 8981, PGC 50063, Arp 26
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Vuurwielsterrestelsel (ook bekend as Messier 101 of NGC 5457) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 20,9 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en was een van die laaste komeetagtige voorwerpe wat Charles Messier in sy katalogus opgeneem het.

Op 28 Februarie 2006 het Nasa en die Europese Ruimteagentskap ’n foto van die Vuurwielsterrestelsel uitgereik; dit was in dié stadium die grootste en mees gedetailleerde foto deur die Hubble-ruimteteleskoop.[1] Op 24 Augustus 2011 is ’n tipe Ia-supernova, SN 2011fe, in M101 ontdek.

Struktuur en samestelling

[wysig | wysig bron]

M101 is ’n relatief groot sterrestelsel in vergelyking met die Melkweg. Dit het ’n deursnee van 170 000 ligjare en is 70% groter as die Melkweg. Die massa van sy skyf is sowat 100 miljard sonmassas en sy romp sowat 3 miljard sonmassas.[2]

Nog ’n merkwaardige eienskap van die stelsel is sy groot en helder H II-gebiede, waarvan sowat 3 000 op foto's gesien kan word. H II-gebiede word geïoniseer deur groot getalle uiters helder en warm jong sterre.

Hierdie foto is ’n samestelling van infrarooi-, sigbare, ultraviolet- en X-strale van vier van Nasa se ruimteteleskope. Dit wys dat beide jong en ou sterre eweredig versprei is in M101 se spiraalarms.

Op foto's kan gesien word M101 is asimmetries aan die een kant. Daar word geglo M101 het ’n amper-botsing met ’n ander sterrestelsel gehad en dat die meegaande swaartekrag-getykragte dit veroorsaak het. ’n Hoë mate van stervorming is tegelykertyd geaktiveer.

Supernova

[wysig | wysig bron]

Op 24 Augustus 2011 is ’n tipe Ia-supernova, SN 2011fe, in M101 ontdek. Dit het ’n skynbare helderheid van 17,2 mag gehad, en was op sy helderste 9,9 mag.[3][4][5] Dit was die vierde supernova wat in M101 waargeneem is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HubbleSite – NewsCenter – Hubble's Largest Galaxy Portrait Offers a New High-Definition View (02/28/2006) – Introduction
  2. Comte, G., Monnet, G., & Rosado, M. (1979). "An optical study of the galaxy M 101 – Derivation of a mass model from the kinematic of the gas". Astronomy and Astrophysics. 72: 73–81. Bibcode:1979A&A....72...73C.((cite journal)): AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Nugent, Peter (24 Augustus 2011). "Young Type Ia Supernova PTF11kly in M101". The Astronomer's Telegram. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 25 Augustus 2011.
  4. Nugent, Peter. "Supernova Caught in the Act" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2011. Besoek op 7 September 2011.
  5. Hartmut Frommert and Christine Kronberg (15 September 2011). "Supernova 2011fe in M101". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2012. Besoek op 17 September 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Koördinate: Sky map 14h 03m 12.6s, +54° 20′ 57″

   M96  •  M97  •  M98  •  M99  •  M100  •  M101  •  M102  •  M103  •  M104  •  M105  •  M106   
   NGC 5455  •  NGC 5456  •  NGC 5457  •  NGC 5458  •  NGC 5459   
   Arp 22  •  Arp 23  •  Arp 24  •  Arp 25  •  Arp 26  •  Arp 27  •  Arp 28  •  Arp 29  •  Arp 30   
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vuurwielsterrestelsel
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?