For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Otto-siklus.

Otto-siklus

Die vierslagsiklus (of Otto-siklus) van 'n binnebrandenjin[1] is die enjinsiklus wat mees algemeen vir voertuig en ander nywerheidsdoeleindes aangewend word (motors en vragmotors, kragopwekkers, ens.). Dit is deur die Franse ingenieur, Alphonse Beau de Rochas[2] in 1862 voorgestel en onafhanklik deur die Duitse ingenieur Nikolaus Otto[3] in 1876. Die vierslagsiklus is meer brandstofdoeltreffend en brand skoner as die tweeslagsiklus, maar vereis heelwat meer bewegende dele en kundigheid tydens die vervaardiging daarvan. Verder word dit makliker vervaardig in veelsilindersamestellings as die tweeslagsiklus, wat dit nuttig maak vir hoë werkverrigtingstoepassings. Die Wankelenjin het vier soortgelyke fases maar dit is 'n roterende verbrandingsmotor en nie 'n resiprokerende enjin soos met die vierslagsiklus nie.

Vierslagsiklus (of Otto-siklus)

Die Otto-siklus word gekenmerk deur die vier slae of reglynige bewegings beurtelings op- en afwaarts van 'n suier in 'n silinder.

  1. inlaatslag
  2. kompressieslag
  3. kragslag
  4. uitlaatslag

Die siklus begin by die boonste middelpunt wanneer die suier by sy hoogste punt bereik het. Op die eerste afwaartse slag (inlaat) van die suier word 'n mengsel van brandstof en lug in die silinder ingetrek deur die inlaatpoort. Die inlaatklep maak dan toe en die opwaartse slag (kompressie) pers die branstof-lugmengsel saam.

Boonste middelpunt, voordat siklus begin 1 - Inlaatslag 2 - Kompressieslag


Beginposisie, inlaatslag en kompressieslag.

Die brandstof-lugmengsel word dan ontsteek, gewoonlik deur 'n vonkprop vir 'n petrol- of Otto-siklus-enjin naby die boonste middelpunt van die kompressieslag. Die gevolglike uitsetting van die brandende gasse dwing die suier na onder vir die derde (krag) slag en die vierde opwaartse (uitlaat) slag forseer die verbruikte uitlaatgasse uit die silinder deur die oop uitlaatklep of -kleppe deur die uitlaatpoort.

Brandstof ontsteek 3 - Kragslag 4 - Uitlaatslag


Ontsteking van brandstof, kragslag en uitlaatslag.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gasoline engine. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Beau de Rochas, Alphonse(-Eugène). (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  3. Otto, Nikolaus August. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Otto-siklus
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?