For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Universele Verklaring van Menseregte.

Universele Verklaring van Menseregte

Eleanor Roosevelt, vrou van die destydse president van die VSA, Franklin D. Roosevelt, met die Spaanse weergawe van die Universele Verklaring van Menseregte

Die Universele Verklaring van Menseregte (UVMR) is 'n verklaring deur die Algemene vergadering van die Verenigde Nasies ( A/RES/217, 10 Desember 1948) in die Palais de Chaillot in Parys, Frankryk aangeneem en is veronderstel om die organisasie se siening oor menseregte uiteen te sit. John Peters Humphrey van Kanada was die hoofopsteller en is bygestaan deur Eleanor Roosevelt van die Verenigde State, René Cassin van Frankryk en P. C. Chang van China, onder andere.

48 state uit 58 het dit aanvaar. Geen state het daar teen gestem nie, en slegs agt het hulle weerhou. Onder andere, Suid-Afrika in die apartheidsera ontken die reg van gelykheid ten spyte van geboorte of ras. Die teks is geïnspireer deur die Franse Verklaring van Mense en burgerregte van 1789.

Al is dit nie 'n wettig bindende dokument nie, het dit gedien as grondslag vir die oorspronklike twee wettig bindende VN handveste van menseregte, die Internasionale Handves van Burgerlike en Politieke Regte en die Internasionale Handves van Ekonomiese, Maatskaplike en Kulturele Regte. Dit word nog algemeen deur akademici, voorstanders en grondwetlike howe aangehaal. Internasionale regskenners debatteer dikwels oor watter voorsienings internasionale gewoontereg verteenwoordig. Menings verskil baie oor hierdie onderwerp en wissel tussen 'n geringe gedeelte daarvan tot die verklaring in sy geheel.

Die Guinness Book of Records beskryf die UVMR as die mees vertaalde dokument in die wêreld, en met ingang 2004 is dit in 321 tale en dialekte vertaal. Daar bestaan egter ander werke wat meer vertaal is, soos byvoorbeeld die Bybel, wat volgens die Guinness Book of Records in 2233 tale en dialekte vertaal is.

Eleanor Roosevelt het na die Universele Verklaring van Menseregte verwys as die Magna Carta vir die ganse mensdom.

Notas

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • Magna Carta, Engeland, 1215
  • Engelse Verklaring van Regte, 1689
  • Virginia Verklaring van Regte, Junie, 1776
  • Verenigde State Verklaring van Regte, in 1789 voltooi, in 1791goedgekeur

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Universele Verklaring van Menseregte
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?