For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Tweede Nywerheidsomwenteling.

Tweede Nywerheidsomwenteling

Die Tweede Nywerheidsomwenteling, ook bekend as die Tegnologiese Omwenteling,[1] was 'n fase van die Nywerheidsomwenteling tussen die middel van die 19de eeu en die Eerste Wêreldoorlog wat deur vinnige ekonomiese groei en tegnologiese vooruitgang gekenmerk is.

As tegnologiese uitgangspunt word die invoering van Bessemer-staal in die 1860's beskou, en in die volgende dekades het die tegnologiese vooruitgang sy hoogtepunt met die vroeë elektrifisering van fabrieke, die oorgang tot massavervaardiging en die invoering van produksielyne bereik. Die Tweede Nywerheidsomwenteling is deur die massiewe uitbou van spoornetwerke, die begin van grootskaalse yster- en staalvervaardiging, die wye gebruik van masjiene in die vervaardigingsproses, die wye toepassing van stoomkrag in die nywerheids- en vervoerwese, en die begin van elektriese kommunikasie gekenmerk.

Die tweede industriële rewolusie het gepaard gegaan met 'n massiewe uitbreiding van die nywerheidsektor en snelle industriële groei in lande soos die Verenigde Koninkryk, Duitsland en die Verenigde State, maar ook in Frankryk, die huidige Benelux-lande en Japan. Dit het op die Eerste Industriële Rewolusie gevolg wat in die laat 18de eeu in die Verenigde Koninkryk begin en later ook Wes-Europa en Noord-Amerika geraak het.

Historiese konsep en definisie

[wysig | wysig bron]

As historiese konsep is die Tweede Nywerheidsomwenteling reeds deur Patrick Geddes in sy werk Cities in Evolution ingevoer wat in 1910 gepubliseer is. Maar eers toe David Landes die vakterm in 1966 in een van sy essays en in 1972 ook in sy werk The Unbound Prometheus gebruik het, is dit op 'n wetenskaplike manier gestandaardiseer. Dit word vandag veral met die Amerikaanse geskiedkundige Alfred D. Chandler (1918–2007) verbind wat dit met sy werke bekend gemaak het. Nogtans is daar ook wetenskaplikes wat die wye toepassing van die konsep en term krities beoordeel.[2]

Landes beklemtoon die belangrikheid van nuwe tegnologieë, veral elektrisiteit, die binnebrandenjin, nuwe werkstowwe (waaronder legerings en chemikalieë) en kommunikasietegnologieë soos die telegraaf, telefoon en radio. Terwyl die eerste industriële rewolusie sy uitgangspunt in die tekstiel-, yster- en staalbedryf geneem het, het die Tweede Nywerheidsomwenteling op staalvervaardiging, die spoorwegbedryf, elektrisiteit en die chemiebedryf gebaseer.

Vaclav Smil het na die periode tussen 1867 en 1914 as "Die tydperk van sinergie" verwys waartydens die meeste belangrike tegnologiese innovasies ontwikkel is. Anders as gedurende die industriële rewolusie het die uitvindings en vernuwings van hierdie tydperk uit wetenskaplike navorsing en die toepassing van wetenskaplike kennis voortgespruit.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "www.education.com: Stephanie Muntone: Second Industrial Revolution". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2013. Besoek op 21 Mei 2014.
  2. James Hull: The Second Industrial Revolution. The History of a Concept. In: Storia Della Storiografia, nommer 36, 1999, bl. 81-90
  3. Vaclav Smil: Creating the Twentieth Century: Technical Innovations of 1867–1914 and Their Lasting Impact. Oxford en New York: Oxford University Press 2005
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Tweede Nywerheidsomwenteling
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?